Agri SA
AgriSA, as ‘n federasie van landbou-organisasies, is reeds die afgelope 116 jaar verbind daartoe om ‘n stabiele, winsgewende landbou omgewing in Suid-Afrika te help ontwikkel. Hierdie potgooi-reeks gee ‘n oorsig van die belangrikste voorleggings wat gelewer is op die onlangse AgriSA-kongres, en sluit insiggewende bydraes in deur sprekers soos Dan Kriek (AgriSA President), Barrett Barr (John Deere VSA) en SA mynmagnaat en biljoener Patrice Motsepe.

Nuutste POTGOOIE
Agri SA Kongres 2019: Episode 8: Barret Bar
As die strategiese hoof van Geïntegreerde Oplossings van die John Deere Intelligence Solutions Group VSA, fokus Bar se praatjie op die revolusie van presisie-landbou deur kunsmatige intelligensie.
Agri SA Kongres 2019: Episode 7: Dr Morné Mostert
Mostert is Direkteur van die Instituut vir Toekomsnavorsing aan Universiteit Stellenbosch, die enigste instituut van sy soort in Afrika, en sy navorsing fokus op die toekomstige wêreld en die impak van die vierde industriële rewolusie op die wêreld. Hy verduidelik dat om oor die toekoms te dink anders is as om te peins oor die […]
Agri SA Kongres 2019: Episode 6: Hano Jacobs
Die hoof bedryfsamptenaar van Payteq, wat spesialiseer in die voorsiening van betalings- en rekeningoplossings, voer die gesprek verder oor tegnologie op die plaas. Payteq se fokus is op effektiewe betalingsisteme vir landbou. Volgens Jacobs is betalingstelsels die ruggraat vir enige ekonomie. Omdat die banksektor die afgelope ruk deur ‘n ongelooflike evolusie beweeg het, met die […]
Agri SA Kongres 2019: Episode 5: Gary McKay
McKay is die Kommersiële bedryfshoof van Fidelity ADT Commercial en gesels oor tegnologie op die plaas – met spesifieke fokus op veiligheidstegnologie vir toekomsboerdery. ADT het ongeveer ‘n jaar gelede begin samesprekings voer met Agri SA om meer effektiewe veiligheidssisteme in plek te stel binne die landbou-industrie, ten einde die hoë vlak van misdaad beter […]
Agri SA Kongres 2019: Episode 4: Rajan Gajaria
As uitvoerende vise-president van Besigheidsplatforms van Corteva Agriscience, glo Gajara in hoop, want dis slegs deur hoop wat die wêreld vooruitgang kan maak. Die uitstaande eienskap van boere regoor die wêreld, wat Corteva se navorsing aan die lig gebring het, is optimisme. Gajara praat padlangs oor die vierde industriële rewolusie en die drie bene waarop […]
Agri SA Kongres 2019: Episode 3: Thoko Didiza
Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het begrip vir die diepgaande probleme wat die landbousektor tans in die gesig staar; probleme as gevolg van die erge droogte, wat heelwat boere in sak en as laat sit, en dit lei uit die aard van die saak tot geweldige negatiewe groei in die sektor. Plaasveiligheid […]
Agri SA Kongres 2019: Episode 2: Patrice Motsepe
Motsepe is ‘n mynmagnaat en biljoener, wat in 2012 benoem is as Suid-Afrika se rykste man met ‘n beraamde rykdom van nagenoeg R12 biljoen. Hy lewer ‘n imromptu maar hoogs inspirerende praatjie, waarvan heelwat in vlot Afrikaans, oor die uitdagings wat hierdie land in die gesig staar. Volgens Motsepe moet almal eenvoudig hande vat en […]
Agri SA Kongres 2019: Episode 1: Dan Kriek
Die President van Agri SA, en self ‘n beesboer van die Vrystaat, reflekteer in sy presidentsrede oor die hoë vlakke van onsekerheid huidiglik in die Suid-Afrikaanse gemeenskap en hoe sake soos die beskerming van eiendom en ekonomiese groei aangespreek behoort te word. Volgens Kriek hang die toekoms in ‘n groot mate van inklusiwiteit af. Die […]