Blog

black-background-bulb-close-up-716398

Naweek Nadink 107: Wat benodig die werksplek van die toekoms?

  Niemand weet hoe die werksplek van die toekoms gaan lyk nie. Ons weet egter watse kundigheid benodig gaan word: kreatiwiteit, kritisie denke en samewerkingsvermoë. Met ander woorde, kan jy probleme oplos en mooi speel saam met ander mense? Die ...

Naweek Nadink 106: Beur jou woordekeuse jou vorentoe?

Ek gesels toe verlede week met een van my Afrikaanse klank ingenieurs wat woonagtig is in Japan. Hy vertel my hoe die Japanese kleintyd al in ongerieflike situasies geplaas word om ‘n sterk “kopwêreld” met baie deursettingsvermoë te vorm. Hulle ...

Naweek Nadink 105: Gereelde Ongerief Vir Perspektief

Jammer vir my lang swye. Ons het onlangs huis getrek en o wee...dis nie vir sissies nie. Ek bou darem weer momentum! Ek wil weer fokus op die tema van ongerief en die belangrike rol wat dit in mens se ...

Naweek Nadink 104: Plesier is nie jou vriend nie, ongemak is

Ek is onlangs weer herinder (via ‘n potgooi) dat die meeste van ons besluite geneem word om of pyn te vermy of om plesier te kry. Ongelukkig is dit meestal om pyn te vermy. Ek wil weereens beklemtoon hoe belangrik ...

Naweek Nadink 103: Meetbaar maak tasbaar en sigbaar

In Ingilsland vereis munisipaliteite tydens kontrak tenders dat jy spesifiseer wat jou sosiale bydrae gaan wees tydens dienslewering. Maw hulle wil weet hoe jy die wêreld ‘n bietjie beter gaan maak terwyl jy jou werk doen, oftewel wat jou “Social ...

Naweek Nadink 102: Aksie Satisfaksie

Ons kinders neem toe deel aan hulle heel eerste Atletiekbyeenkoms ooit, en natuurlik hul eerste in Suid-Afrika. Ek was nogal senuweeagtig namens hulle, maar kon myself darem nie so ver kry om soos van die ma’s te gil nie. Om ...

Naweek Nadink 101: So naby, jy mis dit dalk net

‘n Week gelede gaan maak ons toe ‘n draai by President Kruger Kinderhuis in Reddersburg. Reddersburg is ‘n knipoog dorpie (as jy jou oë knip, ry jy verby) so 45 minute suid van Bloemfontein. As sakeman en as gesin gaan ...

Naweek Nadink 100: Pen en papier kan trane voorkom

Ek is weer onlangs herinner hoe gevaarlik dit is om selfs nie ‘n informele ooreenkoms op skrif te sit nie. Ek verwys nie na ‘n kontrak waar jy regshulp benodig nie. Ek praat juis van ‘n tipiese “gentlemen’s agreement” of ...

Naweek Nadink 99: Hoe meet mens die onmeetbare?

Ek help vir Christo en sy span by Land Rover Rustenburg om meer eenhede te verkoop. Sekerlik die grootste waarde wat hulle toevoeg, is die tyd wat hulle jou spaar, deurdat hulle jou Land Rover optel, diens en aflaai by ...

Naweek Nadink 98: Laserskerp fokus is soos ‘n magneet

Twee weke gelede breek ek toe weg vir twee aande in die Bosveld ten einde my top prioriteite of te wel fokus areas vir 2019 te bepaal. Ek maak toe ‘n kortlys van drie gasteplase en bespreek. Die volgende gebeur ...

Naweek Nadink 97: Moordenaars het ‘n baie hoë selfwaarde

Ek hoop jy’t lekker gerus en wens jou alle sukses toe vir 2019. Dit gaan ‘n groot en interessante jaar wees! Het jy geweet dat moordenaars van die hoogste selfwaarde het? Om iemand te kan vermoor, moet jy jouself baie ...

Naweek Nadink 96: Hoe meer haas, hoe minder spoed

Sekerlik een van my grootste ontnugteringe, tien maande terug in Suid-Afrika, is hoegejaagd en terselfdertyd inwaarts gefokus baie mense  is. As mens nie daadwerklik stappe neem om jouaktiwiteite te prioritiseer nie, dan word alles belangrik. As alles belangrik raak, dan ...

Naweek Nadink 95: Jy ry waar jy kyk

Ek was bevoorreg om deel te wees van Leon’s Motors Rustenburg se Jaguar Experience dag, waar ons vuurwarm Jaguars om die Zwartkops Renbaan kon jaag. Hier is ‘n een minuut video van die dag: Kyk Video Een van die instrukteurs ...

Naweek Nadink 94: Leer jy van die beste?

Picasso het gesê “Good artists copy, Great artists steal”. Dit beteken eenvoudig dat jy dalk nie eerste met ‘n idee of konsep vorendag gekom het nie, maar dat jy ‘n bestaande idee wat reeds werk, kan verbeter of aanpas. Maw ...

Naweek Nadink 93: Wie praat?

Ek bly stom geslaan hoe die meeste besighede my bel (of ek hulle gevra het of nie) en die persoon die gesprek begin met: “Hallo, hoe gaan dit?/Hallo, how are you?” Ek sal nooit ‘n gesprek met ‘n vreemdeling begin ...

Naweek Nadink 92: Op die planke? Rus dan bietjie

Ek is besig om vir ‘n baie belowende besigheid geleentheid te wag. Inteendeel, hierdie sal die grootste kommersiële deurbraak vir Klipkouers wees. Die probleem is egter dat hierdie manne toe glad nie so vinnig beweeg soos wat hulle uitgemaak het ...

Naweek Nadink 91: Die Swaartegragwet is nie onderhandelbaar nie

Tydlose wyshede, of soos hulle in Ingils se, “ancient wisdoms” is nie onderhandelbaar nie. Hulle is beginsels wat ‘n gewaarborgde resultaat lewer as jy sekere stappe neem, ongeag of jou aksies doelbewus of per ongeluk was. Bv swaartekrag; jy sal ...

Naweek Nadink 90: Fokus uitwaards. Dit gaan nie altyd oor jou nie

In my vorige Naweek Nadink, het ek beklemtoon dat respek of eer teenoor mekaar, hetsy in persoon of sosiale media, belangrik is. Wat dit egter nie beteken nie, is dat alles oor die persoon (of jou) moet gaan nie. Die ...

Naweek Nadink 89: Eer ons mekaar?

Sosiale media het ʼn groen kaart gegee vir opinies lug. Sommige mense reken dit is altyd noodsaaklik om ʼn opinie te gee. Die wyse waarop hulle dit uitdruk moet dikwels verskoon word as vryheid van spraak. Ek wil gereeld op ...

Naweek Nadink 88: Reise Na Herinnering

  Ek moes na 14 jaar in London myself met verskeie vreemde verskynsels vereenselwig hier in Suid-Afrika. Ons was deeglik bewus van die ekonomiese en politiese uitdagings en dus my blatante uitgangspunt – ons is terug uit keuse. Ons was ...

Naweek Nadink 87: Is Naïef en Dikkoppig Dalk Dieselfde Ding?

  Goeie besluite is krities in die bestuur van ‘n besigheid. Die verskil in ‘n goeie en slegte besluit lê in die hoeveelheid of die kwaliteit van die inligting tot jou beskikking. Ingeligte besluite krities is. Om ‘n besluit te ...

Naweek Nadink 86: Die Kontras van Diefwering

  In Londen het ek geleer waar die stelling “Daylight Robbery” vandaan kom. In die laat 1700 is jy in Londen meer belas op huise wat vensters het. Daardie lig in jou huis wat deur die venster val het jou ...

Naweek Nadink 85: Leef jy jou passie uit?

Dit is die helfte van die maand van Augustus. Ons het by Klipkouers hierdie maand gefokus op vroue entrepreneurs. Kundige vroue entrepreneurs wat elkeen ‘n stuk grondgebied kon uittree en wat hul passie kon bewerk. Die haakplek wat hul almal ...

Naweek Nadink 84: Watter getuigskrif lees ander van ons gedrag?

Ek sit soms in koffie winkels en hou die groepe dop wat in en uitgaan. Die verhale wat hul uitstraal, is top verkopers as jy dit wil omsit in woorde. Dit tref my dan as ek soms sien die tekort ...

Daar is stilte in die oog van ’n tornado – Deel 2

  Ek gaan uitwei oor wat vryheid vir my beteken in Engeland teenoor Suid-Afrika. Ek voel vryheid is soos skoonheid; dit gaan oor jou persoonlike voorkeure en lewensuitkyk. Maar een ding is seker, vryheid is nooit verniet nie. Een ding ...

Naweek Nadink 82: Daar is stilte in die oog van ’n tornado – Deel 1

Deel 1: Ek gaan weekliks my ervarings as gesoute buitelander wat hom weer ná 14 jaar (vrywilliglik) terug in Suid-Afrika bevind, deel. In sekere industrieë vind ek diensvlakke in Suid-Afrika nog wêreldklas, soos met my vlug na Kaapstad met FlySafair, ...

Naweek Nadink 81: Die Klipkouers wiele is weer aan die rol!

Eerstens wil ek groot om verskoning vra dat ek die afgelope tien weke so stil was. Soos jy teen dié tyd al weet, het ek en my gesin begin Februarie permanent teruggetrek Suid-Afrika toe en bly ons in Centurion (want ...

Naweek Nadink 80: Netwerk buite die boks

Tydens my onlangse onderhoud met Ryk van Niekerk, redakteur van Moneyweb, op sy besigheidsprogram Doen jou eie ding (luister na my onderhoud by https://klankbank.co.za/moneyweb) het ek onder meer die belangrikheid daarvan beklemtoon om effektief te netwerk. Om te netwerk beteken nie jy moet 3 000 ...

Naweek Nadink 79: Maak jou kop en gemoed ligter in 2018

    Eerstens wil ek jou en jou geliefdes ‘n voorspoedige 2018 toe wens! Wat Januarie vir my altyd spesiaal maak (ten spyte van ‘n verkragte banksaldo), is die geleentheid om weer oor te begin. ‘n Geleentheid om op areas ...

Naweek Nadink 78: En daar val 2017 op sy rug … in die sneeu!

  Ek kan nie glo 2017 is in die pylvak nie! Blykbaar gaan die tyd selfs nóg vinniger verby (persepsie natuurlik) omdat ons so baie tyd op elektroniese toestelle en sosiale media spandeer. Ek dink ook dit maak ons minder ...

Naweek Nadink 77: Moenie doen wat ek sê nie; doen wat ek doen…

  Verlede week maak ons toe ’n draai by die Westminster-paleis oftewel Houses of Parliament, waar die Britse politici werk en vergader. Sekerlik een van die bekendste sienswaardighede van dié pragtige ou gebou is Big Ben, wat natuurlik nie die ...

Naweek Nadink 76: Laat jy enigiemand in jou (kuber-) huis toe?

Ek’s besig om ’n paar ondernemings in Suid-Afrika met nuwe sakegeleenthede te help deur hulle aan my internasionale netwerk voor te stel of om te kyk of ek iemand ken wat dié mense ken waarmee hulle graag wil gesels. Ek ...

Naweek Nadink 75: Geen pyn, geen innovasie nie

Ek kan nie glo dat twee maande reeds verby is vandat ek my eerste eBoek en digiTydskrif geloods het nie: Klik hier vir meer inligting.  Ek het natuurlik glad nie geweet wat die reaksie (verkope) sou wees nie, maar kan wel ...

Naweek Nadink 74: Die witboordjiefabrieksgeleenthede is groot!

Ons maak toe ’n tweede draai in Bloemfontein, waar ek genooi is om as beleidspreker op te tree saam met Terror Lekota en prof. Francis Petersen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV), by die Small Business Institute (SBI) ...

Naweek Nadink 73: Net tien jaar om oornag sukses te behaal…

  Bietjie meer as 'n week gelede maak ons toe ʼn draai in die Oos-Vrystaat. Destyds in die 90’s het my pa help bou aan die Katsedam, en ons het gedurende my Universiteitsjare in Ficksburg gebly. Dit was heerlik om ...

Naweek Nadink 72: Dit waarop jy fokus, word al hoe groter

Ons is nou net meer as 'n week in Suid-Afrika en geniet dit terdeë! Krugersdorp is op die oomblik ons basis, maar ons het al reeds 'n draai in Pretoria, Harties, Bloemfontein, Wesselsbron en Parys gaan maak. Bloemfontein was veral ...

Naweek Nadink 71

Die afgelope paar weke was super opwindend, leersaam en frustrerend. Soos jy teen dié tyd seker weet (of nie,) het ek my eerste digitale produkte geloods, naamlik eBoek 52 en digiTydskrif (klik hier vir meer inligting). Terselfdertyd het ek die afgelope naweek ...

NUWE KLIPKOUERS eBoek & digiTydskrif

Ek is trots om die loodsdatum (Maandag, 28 Augustus) van my nuutste eBoek 52, aan te kondig. Propvol praktiese besigheid- en lewens advies van onskatbare waarde. In hierdie eBoek (my eerste 52 onderhoude), fokus ek hoofsaaklik op die Klipkouers se ...

Naweek Nadink 70: Lees jy nog die hele boek? Lees jy darem?

Ons naaste groot dorp, Hemel Hempstead, het ‘n splinternuwe biblioteek met groot skerms, iMacs en selfs ‘n 3D Printer van alle dinge. Behalwe vir al die lekker “hightech” goeters, is dit vir my baie spesiaal om in die teenwoordigheid van ...

Naweek Nadink 69: Hoe goed definieer jy “worst case scenario”?

Verlede week was sekerlik een van my rofste weke in ‘n lang tyd, maar gelukkig darem ook my verjaarsdag. Daar is min probleme wat ‘n lekker stuk sjokolade koek nie tydelik kan verlig of verbeter nie! Ek het myself in ...

Naweek Nadink 68: Verlang jy na die vleispotte van Egipte?

Gedurende ons onlangse vakansie in Bulgarye (het ’n Afrikaner op die lughawe daar raakgeloop...blykbaar ski heelwat Suid-Afrikaners in Bulgarye elke jaar), was dit weereens interessant om te sien hoe die jonger geslag baie entrepreneuries van aard is en stadig maar ...

Naweek Nadink 67: Begin net, maar onthou die belangrikste

So vlieg ons toe verlede Maandag na Bulgarye vir bietjie son en see en Vitamin D. Maandag 12 Junie was die 10 jaar herdenking van my pa se skielike dood en Dinsdag die 13de, ons dogtertjie, Alivia, se 8ste verjaarsdag. ...

Naweek Nadink 66: Hoe bestuur jy verskaffers?

Na die breinlose en lafhartige moorde in Londen die naweek en twee weke gelede in Manchester, is ek opnuut herinner hoe belangrik dit is dat ek die meeste van elke dag maak en my gesin ten volle geniet en waardeer. ...

Naweek Nadink 65: Junior Entrepreneurs kompetisie

  Hierdie jaar is ek betrokke en ‘n beoordelaar vir die KragDag Junior Entrepreneurs-kompetisie. Meyer le Roux van Buffelsfontein Baard-olie and Mias van Vuuren van Soapbox Promo & Gifts is mede-beoordelaars. Dis vir my baie opwindend om bietjie met jong, belowende ...

Naweek Nadink 64: ‘n Bietjie ongerief is goed vir perspektief

Gister ry ek toe baie ver noord in Engels-land na Newcastle (die oorspronklike een), ten einde twee moontlike skoonmaak kontrakte te bespreek. Dit is die eerste keer dat ons pro-aktief nuwe besigheid najaag buitekant Londen. Hierdie verandering in omgewing het ...

Naweek Nadink 63: Wat gaan jy nalaat?

So gaan kuier ek en my gesin toe verlede week bietjie vir ons voorvaders in Holland om die pragtige Tulpe ter fiets te beloer. ‘n Ander hoogtepunt was ‘n vinnige besoek aan die stad Haarlem (nie die een in New ...

Naweek Nadink 62: Moenie by praat bly nie.

Na die naweek se gebeure, laat ek jou met twee  C.J. Langenhoven aanhalings vir die week:   Die man wat ek na soek, is nie die wat die minste foute maak nie, maar die wat die meeste foute regmaak. As ...

Naweek Nadink 61: Hoe geld die wette van boerdery vir die lewe?

Verlede Donderdag bevind ek myself in ‘n “sensory deprivation pod” of te wel ‘n “floating tank”. Jy dryf basies vir ‘n uur in die donker in Epsom sout water. Dink mini Dooie See in ‘n massiewe plastiek mossel! Dit was ...

Naweek Nadink 60: Gee jy jou beste vandag?

Ek is die naweek herinner deur ‘n goeie vriend van my hoe belangrik dit is om die proses te volg, veral in sport, en dat jy minder moet fokus op die uitkoms en meer op wat jy nou mòèt doen. ...

Naweek Nadink 59: Die woord Zuma, simboliseer vir my die volgende…

Ek glo die woord "Zuma" is by nou al meer as genoeg gehoor, geskryf en gelees. Wat die woord wel vir my simboliseer is die noodsaaklikheid vir Suid-Afrikaanse besighede om nou , meer as ooit tevore, seker te maak dat ...

Naweek Nadink 58: Die verkeerde woordjie kos hom toe 109 PlayStations

Een van my vriende se werknemers/bestuurders het onlangs aan 109 gelukkige sokkerbal wenners bevestig dat hulle wel elkeen ‘n Sony PlayStation (totale koste R480,000) gewen het. Die bestuurder het per ongeluk die verkeerde woordjie in ‘n epos “template” gebruik. Die ...

Naweek Nadink 57: Weet jy watter aksie realiseer jou doelwitte?

Verlede week het ek gepraat oor hoe belangrik die skedulering van aktiwiteite is, anders gebeur die lewe met jou, in stede van andersom. Ek aanvaar natuurlik dat jou SMART (specific, measurable, achievable, time-based, realistic) aktiwiteite/doelwitte reeds bepaal is en jy ...

Naweek Nadink 56: Skeduleer jy jou speeltyd?

So ’n paar weke gelede het ek my tennisraket weer afgestof na meer as 20 jaar en speel weer weekliks by ‘n tennisklub. Terselfdertyd het ek my rugbystewels ook afge... nee wag, ek moes nuwes gaan koop het... want na ...

Naweek Nadink 55: Help jy regtig? Maak jy ‘n verskil?

            ‘n Bietjie meer as ‘n jaar terug, het Naweek Nadink 3 se titel gevra: “Is jy ‘n hoender of ‘n boer” wat ook ‘n Afrikaanse gesegde ingesluit het: “Die henne wat die meeste kekkel lê ...

Naweek Nadink 54: Wen-wen of niks nie

  Ek glo sterk dat enige onderhandeling in ‘n duidelike wen-wen situasie moet eindig. Dit vereis dat daar geen plek is vir ego’s nie, maar wel meer as genoeg plek vir opregtheid, eerlikheid en beide partye se belange. Kom ek ...

Naweek Nadink 53: Wat in skool het jou die meeste geleer?

Ek kuier toe die naweek met ‘n pel van my wat onlangs, na 15 jaar hier in Ingils-land, besluit het om sy kinders vir die tweede helfte van hulle skoolloopbaan in top SA/Paarlskole te sit. (ek hoop jy is besig ...

Naweek Nadink 52: Netwerk gaan nie net oor verkope nie

Verlede week was werklik ‘n opwindende week in alle opsigte...beide goed en sleg. ‘n Paar gebeurtenisse wat uitstaan (die slegtes se gat): 1. ‘n Suksesvolle afspraak en besprekings met ‘n nuwe operasionele vennoot vir my skoonmaak besigheid, VanBroc, wat ons ...

Naweek Nadink 51: Wie verstaan en help jou met jou uitdagings?

Verlede week spring ons toe weg met die eerste Klipkouers Klankbord-sessie. Tans fasiliteer ek ‘n groep entrepreneurs waar hulle hul probleme, uitdagings en geleenthede met mekaar in ‘n konfidensiële opset deel. Hier in Engels-land noem ons dit: The Board You ...

Naweek Nadink 50: Weet jy wat op pad is?

Verlede week het ek jou vertel van Helpende Hand se nuwe en enig-in-sy-soort werkskeppingsplatform, TalentWerf, wat ek help bou het. Ons plan is om vryskutwerkers/diensverskaffers op ‘n veilige en maklike manier met ander besighede te verbind sodat hulle besigheid met ...

Naweek Nadink 49: Dink jy môre is nog ‘n dag?

Ek begin hierdie week met gemengde gevoelens. Aan die een kant het die roudiens van André en Rachel Brink my geruk en aan die ander kant loods ons die week TalentWerf. So wat het die twee met mekaar te doen? ...

Naweek Nadink 48: Stel jy ‘n voorbeeld?

Ek’s amptelik terug in die hok na ons ski-vakansie in Oostenryk verlede week. Dit was werklik ‘n heerlike en geseënde week veral omdat ons kinders, Christian (9) en Alivia (7) vir die eerste keer op regte ski-hellings geski het. Terloops, ...

Eerste hallo van 2017 en ‘n paar Doelwit Wenke vir sukses!

Net ‘n vinnige boodskap om jou en jou naaste 'n geseënde en voorspoedige 2017 toe te wens. Saam met dit wil ek jou net laat weet dat ons Vrydag weer begin met die eerste episode van die nuwe jaar. Ek ...

Naweek Nadink 46: Hoekom doen jy dit?

Ons is nou in die pylvak van 2016 en ek vermoed jy of jou gedagtes is reeds op die strand! Verlede week was ‘n uiters gebalanseerde week wat onder andere ‘n nuwe grootmensspeelding, nuwe besigheid, ‘n Klipkouer Mentorskapsessie, nuwe oefenregime ...

Naweek Nadink 45: Baie mense het nie die guts om dit te doen nie

Londen se restaurantbedryf ontplof met ongeveer 200 nuwe restaurante wat in 2016 oopgemaak het. Die realiteit is dat 90% van hulle nie die einde van 2017 gaan sien. So is VanBroc (my skoonmaakbesigheid) ook gedurende die afgelope twee jaar deur ...

Naweek Nadink 44: Die towerkuns gebeur agter die skerms

Ek is ‘n groot Formula 1-aanhanger en gister was natuurlik die naelbytende laaste wedren van die seisoen wat die wêreldkampioenskap tussen Hamilton en Rosberg van Mercedes sou beslis. Opwindend was dit wel, al hou ek nie van die bestuurders nie. ...

Naweek Nadink 43: Binnekring…net as jy ernstig is oor vooruitgang

Ek is op die oomblik ‘n doelwitbeplannermasjien! Maar ... ek het egter iets nuuts geleer wat my laat besef het my “doelwitprosesse of -aktiwiteite” benodig nog bietjie werk. Die belangrikste faktor van doelwitprosesse (aktiwiteite) is GEWOONTE. Met ander woorde, jou ...

Naweek Nadink 42: Kry jou feite agtermekaar

Die afgelope week was baie opwindend. Die Amerikaanse presidentsverkiesing is altyd vergelykbaar met ‘n Hollywood aksiefliek en ons het vir twee dae weggebreek om ons 2017-beplanning (persoonlik en besigheid) aan te pak. Die kersie op die koek was toe Tesla ...

Naweek Nadink 41: Jy is nie wie jy dink jy is nie.

  Ek ly nog bietjie aan bomskok na my nege hittige dae in Pretoria en nou terug in Engels-land waar die winter vroeg begin het en dit nou 4 grade buite is! Ten minste skyn die son! Oudergewoonte kon ek ...

Naweek Nadink 40: Ek check jou, jy check my.

Die afgelope week in SA was weer eens 'n fees, veral die warm sonskyn wat die eerste paar dae my Engels-land se vel liggies laat smelt het. Maar if all else fails... swem! Akademia se Sakeplan Gala-aand en my twee aande ...

Naweek Nadink 39: Meeste besighede maak hierdie fout.

Verlede week  luister ek Bok Radio as agtergrondvermaak terwyl ek staan en werk. Na so ‘n rukkie voer hulle toe ‘n onderhoud met ‘n verteenwoordiger van ‘n Renaulthandelaar om oor ‘n nuwe model te gesels. Die dametjie gesels baie entoesiasties ...

Naweek Nadink 38: Die E-leer revolusie het begin!

In Julie het ek geskryf dat ‘n glas óf halfvol óf halfleeg is en nie beide kan wees. Die afgelope paar weke se chaos op universiteitskampusse laat wel ‘n slegte smaak in my mond, maar ek kan net nie help ...

Naweek Nadink 37: Wat kom eerste? Aksie of motivering?

Ek kan nie glo ons is reeds in die pylvak van 2016 nie! Oor bietjie meer as twee maande lê jy hopelik iewers op die strand en ontspan. Meer belangrik, hoop ek dat jy die meeste van jou doelwitte (Klipkouers ...

Naweek Nadink 36: Wanneer jy daardeur gaan, gaan jy daar deur… ongeag!

Die afgelope paar weke in my video’s en skrywe het ek baie gefokus op hoe belangrik dit is dat jy jouself doelbewus in die regte situasies moet posisioneer ten einde jouself te strek (challenge), sodat jy kan groei en verbeter ...

Naweek Nadink 35: Weet jy wat jou optimale manier van leer is?

Ek ly so ‘n bietjie aan bomskok vanmôre. Die naweek uit 'n warm Spanje vertrek en vandag terug in 'n nat en baie koeler Engels-land, maar dis mos nie nuus nie! In my video van verlede week “Spanje herinner my ...

Naweek Nadink 34: Spanje herinner my altyd aan die volgende…

  Ek is die naweek in Spanje saam met my familie. Ons is in ‘n gebied met die naam, Pals, wat so 45 minute van die Franse grens is. Hierdie is ‘n baie spesiale plek vir my want toe my pa ...

Naweek Nadink 33: Kry hulle uit die kantoor en hou fyn dop

  Een van die groot probleme waarmee Klipkouers worstel is die identifisering en aanstelling van gehalte werknemers. Die onderwerp kom gereeld voor tydens onderhoude en dit sluit veral mense op senior vlak in. Baie nuwe aanstellings wys na ‘n paar ...

Naweek Nadink 32: Swem of gaan dood… ’n Japannese Visstorie

  Verlede Woensdagaand skep en post ek toe ‘n Facebook Video genaamd: Swem of gaan dood...’n Japannese visstorie. Met meer as 4,100 “views” tot dusver dink ek die storie van innovasie en oorlewing het beslis aanklank by ‘n paar Klipkouers ...

Naweek Nadink 31: Het jy my ma ‘n virino genoem? !

      Ek gesels toe die naweek met ‘n vriendin van my, Kelly, wat besig is om ‘n nuwe taal aan te leer genaamd Esperanto  (beteken “iemand wat hoop”). Virino beteken "vrou" as jy dalk bekommerd was... Esperanto is die mees ...

Naweek Nadink 30: Ken ek jou?

  Jy’t dalk al gehoor van die gesegde dat die grootte van jou netwerk die grootte van jou netto waarde (nett worth) bepaal. Nou, my definisie van ‘n/my netwerk is ‘n kombinasie van: Mense wat ek baie goed ken. Mense ...

Naweek Nadink 29: Volg jy op of los jy geld op die tafel?

Ons is die afgelope paar weke besig om vir my skoonmaakbesigheid, VanBroc, ‘n nuwe aanlynbemarkings-“engine” by te voeg. Die engine is ‘n kombinasie van Pipedrive en Mailchimp. Ons gaan doodeenvoudig seker maak dat ons op ‘n geoutomatiseerde manier gereeld kontak ...

Naweek Nadink 28: Hoe Lank en Warm Brand Jy?

                        Drie weke na my verjaarsdagbraai kan ek nog steeds nie behoorlik loop nie. My kameeldoringkool-wond is minder diep, maar hy is steeds die baas. Siende dat dit nou ...

Naweek Nadink 27: Kameeldoringkool + Kaalvoet = Geboorteskenk

Twee weke na my verjaarsdagbraai kan ek nie behoorlik loop nie. Terwyl ek my braaier (fake Weber) bietjie geskuif het, trap ek toe mos op ‘n kameeldoringkooltjie (ek braai in styl hier in Engels-land). Die kooltjie brand toe ‘n baie ...

Naweek Nadink 26: Onmoontlik Kan Normaal Begin Voel

  Ek moet bieg, dit was bietjie meer as ‘n week gelede my verjaarsdag en oudergewoonte hou ek daarvan om myself bietjie te bederf gedurende my verjaarsdagweek deur met ‘n paar superkarre om ‘n renbaan te gaan jag. So ... ...

Naweek Nadink 25: Nederlandse Polisie Pos Jou Motorfiets Vir Jou!

Verlede week kuier ons toe so ‘n bietjie in Wallis waar ons ‘n jaarlikse tuisskoolkonferensie bygewoon het. Een van my geselsies was met ‘n Nederlander oor hulle fietsryery en indrukwekkende fietslane. Jy kan letterlik die hele land platry met ‘n ...

Naweek Nadink 24: Nee is Belangriker as Ja

Donderdag spring ek toe op ‘n trein Londen toe nadat ‘n potensiële kliënt my gevra het vir ‘n kwotasie om hul nuwe kommersiële kombuis skoon te maak. Nie net is hy een uur laat vir die afspraak nie (gelukkig is ...

Naweek Nadink 23: Of Halfvol of Halfleeg

Na drie maande in Suid-Afrika, klim ek toe verlede Woensdag met ʼn swaar hart op die vliegtuig, maar land toe gelukkig in ʼn sonnige (soort van) Engeland wat voorberei vir somer. Dis ʼn ongelooflike mooi tyd van die jaar en ...

Naweek Nadink 22: Meet Dit en Verbeter Dit.

Verlede week bestee ek toe ‘n bietjie tyd saam met Jaco Ferreira, eienaar van RevolutionFit wat verlede jaar die “Startup”-kategorie van Akademia se Sakeplan-kompetisie gewen het. Hulle gebruik baie indrukwekkende Duitse EMS (Electro  Muscle Stimulation)-tegnologie wat tydens oefening 90% van ...

Naweek Nadink 21: Hoe Moeiliker Hoe Makliker

Verlede week kyk ek toe bietjie na die 2015 GEM Verslag. Die sewentiende Global Entrepreneurship Monitor (GEM) opname meet basies die karaktereinskappe, motiverings en ambisies van entrepreneurs en ook die houding van ‘n betrokke land en sy mense teenoor hierdie ...

Naweek Nadink 20: Is Dit Tyd om Jou Boot te Brand?

Tydens my onderhoud met Stefan van der Walt (die dryfkrag agter Premium Holdings) het hy dit duidelik gemaak dat ʼn kwaliteit karakter baie belangriker is as kwalifikasies. Sit jou geld op die ou met karakter eerder as die ou wat ...

Naweek Nadink 19: Neem ʼn Besluit en Hou Daarby!

    My week het op ʼn hoogtepunt geëindig met Akademia se Sake-ontbyt (dankie en eersteklas werk Chris du Plessis), met gasspreker en medestigter van die Atterbury Group (hulle besit o.a. Menlyn en Mall of Africa), Louis van der Watt. ...

Naweek Nadink 18: Van Slim Fit na Tight Fit tot Cross Fit

  Ek kan nie glo dis al agt weke vandat ek in SA geland het nie. ‘n Man kan net so baie biltong, braaivleis en bier geniet totdat jou slim fit hemde verander in tight fit hemde… Gewapen met hierdie ...

Naweek Nadink 17: ‘n Koerant Werk Uitstekend Om Jou Braairooster Af Te Vee

    Dit was weereens 'n baie leersame en opwindende week. TalentWerf maak vordering en ek het nog drie Klipkouer onderhoude in die sakkie!   My week het weggespring met middagete saam met Dr. Hannes Dreyer. Hy is 'n suksesvolle, ...

Lees Naweek Nadink 16: Is Jou Verskaffer ‘n Uitgawe of ‘n Belegging?

Die afgelope paar weke is ek besig om met nuwe diensverskaffers te ontmoet om hulle uit te nooi om gebruik te maak van ons nuwe aanlyn werkskeppingsplatform wat ons TalentWerf gedoop het. Ons beplan om TalentWerf in Junie te loods. ...

Naweek Nadink 15: Hoe Meer Haas Hoe Minder Spoed

Vroeg gisteroggend staan ons toe in 'n ry by een van die Kruger wildtuin hekke. Ek en my vriend (die kar voor my) klim vinnig uit om ons papierwerk voor te berei. Soos die karre in die wildtuin toegelaat word, ...

Lees Naweek Nadink 14: Neem Verantwoordelikheid My Magtig

Ek is terug na ‘n paar tawwe dae in Orania, waar ek die heel eerste Bo-Karoo Vasbyt gehardloop het. Dis ‘n 100km wedloop, versprei oor vier dae PLUS ‘n ekstra 3km vir my! Op die laaste dag, ‘n 28km stint, ...

Naweek Nadink 13: Hy Gee R90 Miljoen Per Jaar en Ry Weg In ʼn Corolla

Ek het werklik ʼn baie genotvolle week agter die blad. Ek het baie interessante individue ontmoet en baie nuwe dinge geleer. Vrydagoggend was ʼn hoogtepunt toe ek die voorreg gehad het om ʼn sakeontbyt by te woon met gasspreker, Francois ...

Lees Naweek Nadink 12: Het Jy ‘n Veraf of Gefokusde Kyk?

Veral gedurende die Tweede Wêreldoorlog het dokters die eertste tekens van "post-traumatic stress disorder" onder die soldate opgelet. Op daardie stadium het hulle nie lekker geweet wat met 'n soldaat aangaan nie, behalwe dat hy 'n uitdrukkinglose, ongefokusde, veraf kyk gehad ...

Naweek Nadink 11: Oos Wes Tuis Bes

Na 'n prettige rondloop in Europa is ek bly om tans vir 'n paar maande in pragtige Suid Afrika (Pretoria om presies te wees) te kan wees. Ek help bou aan 'n aanlyn werkskeppingsplatform vir Afrikaanse vryskutwerkers en klein sake ...

Naweek Nadink 10: Slegte Diens Slegte Nuus

Verlede week was ek vir oulaas besig met omgekeerde diefstal, maar die keer in Oostenryk. As jy gewonder het wat op aarde ek van praat, gaan lees gerus my webjoernaal inskrywing: “In Engels Noem Hulle Dit Reversed Shoplifting” Oppad terug ...

Naweek Nadink 9: Die Beste Lewensdinge Is Gratis…Bring Net Jou Mastercard

  Het jy al ooit gewonder hoekom die wêreld so baie prestige en aandag gee aan individue en besighede wat miljoene maak of miljoene gemaak het? Individue en besighede wat deur Wall Street, Time Tydskrif, Forbes Tydskrif ens. as supersuksesvol ...

Naweek Nadink 8: Is Jy Besig Om Besig Te Probeer Lyk?

  Ek is n groot aanhanger van die 80/20 beginsel of te wel die Pareto Optimum. Die Pareto beginsel is te danke aan Vilfredo Pareto , ʼn Italiaanse Ekonoom wat in 1906 bepaal het dat twintig persent van die Italiaanse ...

Naweek Nadink 7: Niks Soos ʼn Koue Stort Om Jou Perspektief Te Gee Nie

  Vandag wil ek graag voortbou op verlede week se Naweek Nadink 6:  Moenie Suur Wees Soos Senna Nie…Ja, Die Formule 1 Legende. My gevolgtrekking was dat daaglikse dankbaarheid die beste medisyne vir ʼn suur denkwyse is.   Ek het ...

Naweek Nadink 6: Moenie Suur Wees Soos Senna Nie…Ja, Die Formule 1 Legende

  Daar is nie baie manne wat ek as my held beskou nie , maar een van hulle is wel die legendariese Ayrton Senna. Ek’t bewus geword van Senna as ʼn tiener in 1987. Verlede Woensdag stap ek deur die ...

Naweek Nadink 5: Jou Sterk Punte

JOU STERK PUNTE In my webjoernaal inskrywing NAWEEK NADINK 2: Wat is jou nis? Wat is ʼn nis? verduidelik ek wat ʼn besigheid nis teenoor jou persoonlike nis is. Jou persoonlike nis is jou sterk punte: Aktiwiteite wat natuurlik kom en ...

Naweek Nadink 4: In Engels Noem Hulle Dit “Reversed Shoplifting”

Groete hier uit die stad van Constanta in Romenia. As julle wonder wat ek in Romenia doen; ek steek Oreo koekies weg! Ek’t ʼn vriend, Jeremy. Hulle behartig al die prysuitdelings en kompetisies vir groot maatskappye. Huidiglik het Oreos ʼn Europese ...

Naweek Nadink 3: Is Jy ‘n Hoender of ‘n Boer?

Hoenders loop rond op die werf soekende vir kos en lyk of hulle die heeltyd wil kopstamp. Herinner my aan sekere ouens in Welkom gedurende my tienerjare en aan die ou Afrikaanse gesegde: “Die henne wat die meeste kekkel lê ...

Naweek Nadink 2: Wat is jou nis? Wat is ‘n nis?

Wat is ‘n Besigheids Nis? ‘n Besigheid wat op n spesifieke produk of diens in ‘n spesifieke mark segment fokus. Wat is jou Persoonlike Nis? Jou roeping, jou sterkpunte. Besigheids Nis: Wat veral uitgestaan het met my onderhoud met Paul Vorster ...

Naweek Nadink 1: Moenie ‘n Ligte Blou Hemp Op TV Dra Nie

Hierdie week was 'n week waar ek nuwe dinge geleer het en nuwe mense ontmoet het. Hierdie was ook die loodsweek van ons heel eerste Potgooi Onderhoud met rugby legende en koffiekoning, Kobus Wiese. Wat die week ekstra spesiaal gemaak het, was nie ...

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link