Eerste hallo van 2017 en ‘n paar Doelwit Wenke vir sukses!

Alpbach_winter

Net ‘n vinnige boodskap om jou en jou naaste ‘n geseënde en voorspoedige 2017 toe te wens.

Saam met dit wil ek jou net laat weet dat ons Vrydag weer begin met die eerste episode van die nuwe jaar. Ek is baie opgewonde oor hierdie onderhoude en ons spring sommer weg met ‘n hele paar mense wat, hoe kan ek sê, baie bekende name insluit soos Johan Stemmet, Ina Paarman en Brand Pretorius, onder andere, met wie ek in Januarie onderhoude gaan voer.

En dan laat ek jou met ‘n paar doelwit- en sukseswenke:

1. Onthou altyd om jou doelwit neer te skryf; dit verhoog jou kans met 21% om dit uiteindelik te bereik.

2. Baie belangrik: moet nooit langer as twaalf maande vooruit beplan nie. As dit te ver vooruit is voel dit nie vir jou realisties nie. Doelwitbeplanning voel meer bereikbaar en realisties as dit binne twaalf maande is.

3. En onthou ook: een van die groot foute wat ek in 2016 gemaak het is om nie so elke drie maande te sit en te kyk wat die doelwitte is wat jy wel bereik het nie, wat natuurlik die goeie dinge insluit wat jy bereik het. Mens is so besig om te hardloop dat jy soms mismoedig raak. Ek het op ‘n punt mismoedig geraak en begin dink ek’s nie besig om goeie goed te doen nie, maar die oomblik as jy bietjie gaan sit en begin neerskryf besef jy, maar wag ‘n bietjie! Daar’s baie meer om voor dankbaar te wees, baie meer om oor opgewonde te raak. As jy egter nie doelbewus al die goeie goed wat jy gedoen en bereik het gaan neerskryf nie, gaan jy vinnig daarvan vergeet.

En ten slotte: ek sien uit daarna om hierdie 2017 saam met jou aan te pak.

Dankie vir julle ondersteuning en asseblief, ek sien altyd uit daarna om van julle ouens te hoor, so laat weet my – enige gedagtes, enige idees, ek hoor graag van julle.

En onthou… Aanhouer wen.

Onthou om Vrydag te luister hoe Willie Hamman sy besigheid, Star Pops, met 100% in 2016 gegroei het.

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link