Episode 134: De Wet Swanepoel

De Wet Swanepoel het homself nie alleen die afgelope paar dekades onderskei as ‘n vooraanstaande kundige op die gebied van oudiologie nie, maar sy ondernemingsinstinkte het een van die wêreld se suksesvolste digitale gehoor-gesondheidsondernemings tot gevolg gehad.

De Wet, ‘n doktor in oudiologie aan Tuks, is die stigter en wetenskaplike adviseur van die hearX-groep, ‘n gehoor-gesondheidsfirma wat bekostigbare toegang tot gehoorversorging bied deur die aanwending van slim digitale gesondheidsoplossings wat enigiemand, op enige plek, kan gebruik.

Volgens De Wet, het hearX in 2015 ontstaan as ‘n sosiale onderneming, en onlangs ‘n allemintige US$8.3 miljoen Reeks-A fondsinsameling voltooi.

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link