Episode 35: Jaco Gerrits – Die Mens

Vandag gesels ek met Jaco Gerrits, Sosiale Entrepreneur van die Jaar 2016 en die eienaar van CrashDetech, waar ek fokus op hom as mens.

1. Wat is jou gunsteling aanhaling?

“Fail often, succeed sooner.” Ek dink dit spreek vanself, so weereens, dit is goed om te fail, maar dit is meer belangrik wat jy uit die failure neem en die lesse wat jy daaruit leer, want dit is instrumenteel daarin om suksesvol te wees.

2. Wat is jou sterk punte?

Ek dink een van die groot voordele is dat ek ’n ewige optimis is, so ek is sonder skoor, en ek dink dit is definitief tot my voordeel. Ek dink dit het my baie gehelp in die vroeër jare toe ek wel al daardie mislukkings beleef het, om deur te druk en te sê ongeag van wat gebeur, ons gaan aanhou om te probeer tot ons uitkom by dit wat ons vir onsself uitgestip het as doelwitte.

3. Wat is een gewoonte wat jy wens jy het?

Al die entrepreneurs praat altyd van jy moet bietjie vroeër opstaan in die oggende en vir my is dit nie altyd so maklik nie, so dit is een van daardie gewoontes wat ek aan moet werk. Ek wens regtig dat dit bietjie meer natuurlik gekom het. Ek dink ook een van die ander goedjies wat ook belangrik is en wat baie mense noem, is dat jy bietjie stiltetyd moet neem, en een van die tendense aan my kant is dat as ek besig raak, dan raak ek besonder besig, en daar is nie regtig tyd om die regte balans te handhaaf nie. Ek preek altyd hoe belangrik dit is om daardie bietjie stiltetyd te neem en om daardie balans te handhaaf, maar by tye sukkel ek self ook baie daarmee.

4. Wat is jou gunsteling nasie (naas die Afrikaners), en hoekom?

Ek dink daar is sekere aspekte van verskillende nasies wat mens kan uitlig.

Ek dink die spirit of innovation wat ‘n mens van Amerika se kant af kry is iets waarby ek nogal aanklank kan vind want hier het jy ‘n nasie wat glo enigiets is bereikbaar én moontlik. So ek dink in ‘n groot mate kan ek aanklank vind  by hoe die Amerikaners daarna kyk, maar weereens, met ander nasies is daar miskien ander kwaliteite waarby ek beter aanklank sal kan vind, maar dalk dink ek die Amerikaners se manier is een wat regtig relevant is in my eie lewe.

5. As jy jou vingers kon klap en nou enige plek in die wêreld kon wees, waar sal dit wees en hoekom?

 Die afgelope paar maande was ‘n baie druk tyd, so ek dink ek sal nou my vingers klap en net in Jeffrey’s Baai opeindig saam met die familie met niks om oor te “worrie” nie. As jy miskien op ‘n ander tyd vir my vra sal ek miskien êrens in New York wil wees om een of ander lisensiëringsooreenkoms af te teken, maar dit was ‘n paar wilde maande, so dit sal lekker wees om nou net ‘n bietjie te kan af hê.  My ouma het al die jare in Jeffrey’s Baai gewoon en as kind het ons jaar na jaar daarheen gegaan. Ek is baie lief vir die plek en het nou nog familie wat daar woon, so dis altyd vir my lekker om terug soontoe te kan gaan.

Hoe kan die Klipkouers met jou kontak maak?

My e-posadres is jgerrits@crashdetech.com

 

NB! Onthou om Vrydag te luister na my onderhoud met Jaco waar ek op sy besigheid fokus.

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link