Episode 140: Pieter Geldenhuys

Pieter Geldenhuys is ‘n bekroonde akademikus en geleentheidspreker met ‘n uitgebreide kennis van innovasie, toekomstige tendense en tegnologiese ontwikkeling. Sy gewildheid as spreker spruit uit sy vermoë om die verlede en hede te kombineer, ten einde ons in te lig oor die toekoms. 

Pieter is ‘n internasionaal befaamde futuris, en stigter en direkteur van die Institute for Technology Strategy and Innovation – ‘n organisasie wat top maatskappye help om hul innoverende potensiaal te ontgin. Pieter het ‘n MBA verwerf aan die NWU Besigheidskool, en dien tans ook as dosent in Tegnologie Strategie aan die Besigheidskool.

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link