Episode 143: Dr Cobus Oosthuizen

Die mens is nie veronderstel om ’n gevangene van ’n voorafbepaalde stel keuses te wees nie, aangesien die toekoms ’n magdom van uitkomste bied. Aldus Dr Cobus Oosthuizen, dekaan van die Milpark Business School in Johannesburg.

Cobus is ’n deskundige op die gebied van leierskap, entrepreneurskap en strategie. Die voltooiing van sy MBA aan die NWU Besigheidskool het Cobus se horisonne dramaties verbreed, en die droom om ’n besigheidskool te lei, en ’n agent van positiewe verandering te word, laat posvat.

Hy glo dat die leermeester self meer leer wanneer hy ander leer, en dat jy bloot ’n ontdekkingsreis fasiliteer wat ook jou eie intellek strek.

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link