Nuutste POTGOOIE
Cog van der Colff
Cog van der Colff boer reeds die afgelope 20 jaar op ‘n familieplaas van 200ha in die Upington-omgewing, op die oewers van die Oranjerivier, wat tafeldruiwe, rosyne en pakanneute produseer. Cog het in 2006 na organiese boerdery oorgeskakel en ‘n paar jaar later sy eerste suksesvolle oes gelewer. Die boerdery het van krag tot krag […]
Zander Ernst
Tzaneen staan bekend as bosbouwêreld, met klem op veral denne- en bloekomplantasies. Zander Ernst, ‘n vierde-generasie boer wie se oupagrootjie bykans 100 jaar gelede hom hier gevestig het, se familie het egter twee dekades gelede begin om hul bloekom om te skakel na avokado’s toe. Die feit dat hulle reeds oor ‘n wêreldklas avokado-kwekery beskik […]
Vickie van der Westhuizen
Vickie van der Westhuizen en sy broers het grootgeword op hul pa se plaas van 7000ha in die Parys-distrik. Die droogtes en hoë rentekoerse van die Negentigerjare, het hom en sy broers genoop om die grond onderskeidelik op te koop ten einde die plaas te red, en Vickie het sy plaas, Weiveld, oor die afeglope […]
Pieter van der Westhuizen
Pieter van der Westhuizen boer met mielies, sonneblomme en sojabone, nadat hy aanvanklik met beeste gespekuleer en ook ‘n melkery bedryf het. Hy verkies saaiboerdery aangesien die omdraaityd vinnig is en ‘n mens, met behulp van moderne tegnologie, vinniger die regte besluite kan neem om jou besigheid te verbeter. Hy spandeer ook heelwat geld om […]
Johan Vos
Met ‘n geoktrooieerde rekenmeester as pa, was Johan Vos as kind ‘n dorpsjapie wat, danksy sy ma, wat ‘n plaas geërf het, van jongs af ‘n passie vir boerdery ontwikkel het. So passievol was Johan daaroor as ‘n tiener, dat hy smiddae na skool uitgedraf het plaas toe en terug – net om vir ‘n […]
Bernard Scheepers
Bernard Scheepers van Ermelo se verhaal is sowel hartroerend as inspirerend. Nadat hy op tragiese wyse altwee sy ouers verloor het in ‘n wrede aanval op hul plaas in 1997, wou hy aanvanklik nie meer boer nie. Hy het begin rondspeel in die eiendomsmark, as ‘n veiliger alternatief tot landbou, maar hoewel hy mettertyd ‘n […]
Martin Louw
Martin Louw is ‘n derde-geslag boer van die Vredefort-distrik wat met sojabone, ‘n Beefmaster-stoet en Vleismarino skape boer. Sy besigheidsin kom van kleintyd af toe hy progressief met hoenders, lammers en uiteindelik beeste begin boer het. Interessant genoeg, word sy hele saaiboerdery eiehandig hanteer deur slegs Martin en sy seun, en om die rede glo […]
Barry Landman
Barry Landman en sy twee broers is derde-generasie sitrusboere op Letsitele, naby Tzaneen. Hul hoofvertakking is lemoene, maar hulle produseer ook pomelo’s en suurlemoene, en het onlangs begin diversifiseer met die ontwikkeling van sowel makadamias as avokado’s. Die nuutste toevoeging tot die besigheid, wat die broodnodige diversifikasie-proses eenvoudig na ‘n ander vlak neem, was die […]
Vlok Hanekom van Die Mas
Vlok Hanekom boer saam met sy broer Coetzer op Die Mas, ‘n plaas wat deur sy ouers, Vlok sr en Welna Hanekom, in 1970 op die been gebring is en geleë is in die Kakamas-distrik – op die oewers van die Oranjerivier. Die streek beskik oor unieke klimaatstoestande, met die water van die magtige Oranjerivier […]
Theo Prinsloo van GuanoBoost
Theo Prinsloo staan, saam met sy ou skoolvriend Johan Swarts, aan die stuur van , ‘n innoverende maatskappy wat ‘n alles-in-een, 100% organiese kunsmisproduk aan boere voorsien. GuanoBoost word vervaardig van Namibiese guano (voëlmis) wat, met ‘n stikstoftelling van N16.5%, die hoogste konsentraat ryk, natuurlike messtof in die wêreld bevat. Die produk word verwerk by […]
Kallie Carlson van Paratus Suid Afrika
The Tornadoes, ‘n Britse popgroep van die Sestigerjare, het in 1962 ‘n futuristiese Nr 1-treffer gehad met hulle enkelsnit, ‘Telstar’,wat verwys na een van die eerste kommunikasie-satelliete wat ooit gelanseer is. Soos Kallie Carlson egter verduidelik, is kommunikasie-satelliete lank reeds nie meer futuristies nie. Kallie is die besturende direkteur van Paratus Suid Afrika, ‘n onafhanklike […]
Koos Blanckenberg
Koos Blanckenberg, ‘n vierde-geslag melk- en graanboer van die Wes-Kaap, is ‘n gesiene John Deere-kliënt wie se gemeenskapsontwikkelingsprogram geskoei is op die slagspreuk: ‘n Beter lewe vir almal… Koos het ‘n BCom-graad in Landbou-ekonomie verwerf aan Stellenbosch, maar die ondervinding wat hy op ‘n paar besoeke aan die VSA opgedoen het was van selfs groter […]
Loodsepisode John Deere Afrika Potgooi
Die wêreld en besigheid verander voortdurend, en teen ‘n snelle pas. Ons kernwaardes staan egter vas… Dit is die besigheidsfilosofie van John Deere, landbou-, konstruksie- en bosbou-masjinerie reus van die VSA. En, dis presies dié uitgangspunt wat die sleutel tot John Deere se voortgesette sukses was oor die afgelope 182 jaar. Die kernwaardes van integriteit, […]
Agri SA Congress 2019: Barret Bar
As die strategiese hoof van Geïntegreerde Oplossings van die John Deere Intelligence Solutions Group VSA, fokus Bar se praatjie op die revolusie van presisie-landbou deur kunsmatige intelligensie. Met ‘n Meestergraad in Ekonomie en ‘n MBA van die Kellogg School of Management, verduidelik hy hoe John Deere beplan om tegnologie en kunsmatige intelligensie aan te wend […]
Frikkie Nel
Oorlêland is die sleutel tot vrugbare grond, en iets waarin Frikkie Nel van Bothaville vas glo. Frikkie boer omdat dit in sy bloed is, en omdat dit lekker is vir hom. Hy erken egter dat boerdery ‘n uitdaging bly, veral in hedendaagse tye, en dat ‘n mens ‘n fyn balans moet handhaaf om optimaal te […]
Thabo van Zyl
Thabo van Zyl is nie alleen ‘n suksesvolle mielieboer van die Vrystaat nie, maar het onlangs ook Syngenta se Leadership Academy for Agriculture-program suksesvol voltooi. Volgens hom het dié kursus weereens benadruk hoe belangrik effektiewe leierskap, en kommunkasie, in die landbou-sektor is. Hierdie Wesselsbron-boer gesels ook padlangs met Jacques Basson oor die uitdagings wat uiterste […]
Cornelia van Niekerk
Almal ken daardie hulpelose gevoel wanneer die kamera langs die pad vir jou flits. Jy glimlag beslis nie. Die rompslomp daarna laat ‘n mens selfs meer hulpeloos voel. Hulp is egter byderhand, want Cornelia van Niekerk het die lig gesien. Cornelia wou iets unieks, iets spesiaals spesiaal vind, waar sy daadwerklik ‘n diens kon lewer. […]
Ben Schoonwinkel van Syngenta
Syngenta is ‘n innoverende maatskappy wat nie slegs gewasbeskermingsoplossings vir boere ontwikkel nie. Ben Schoonwinkel, hoof van kliëntebemarking vir Syngenta, gesels met Jacques Basson oor ‘n verskeidenheid van vernuwende inisiatiewe waarby Syngenta betrokke is. Syngenta, wat in 2000 tot stand gekom het nadat Novartis Agribusiness en Zeneca Agrochemicals saamgesmelt het, is een van die grootste […]
Tavonga Siyavora & Nate Heinrich John Deere US
In Amerika dra landbou meer as $100 biljoen by tot die ekonomie. Boerdery ondergaan snelle ‘vernuwing’, veral wat slimtegnologie betref. Derhalwe was dit uiters insiggewend om met John Deere afgevaardigdes Tavonga Siyavora en Nate Heinrich, van die VSA, te kon gesels en hoor hoe hulle die ‘vernuwing’ van landbou in Afrika sien, tydens die onlangse […]
Reitz Landbou Akademie
Die nuwe Reitz Landbou Akademie is ‘n industrie-gedrewe inisiatief om die jeug met die nodige blootstelling, vaardighede en kennis toe te rus om landbou in SA te bevorder. Die idee van die Reitz Landbou Akademie het in minder as twee jaar ‘n realiteit geword, met 25 ingeskrewe studente en geld in die bank. Die Akademie […]