Klipkouer Kragklont: Elmar Conradie Bonus Vraag 1

Tyd vir n Klipkouer Kragklont wat ’n voorsmakie is van my onderhoud met die CEO van Safair, Elmar Conradie, waar hy my vertel van die geskiedenis – Safair bestaan al vir meer as 50 jaar ‑ ’n baie ryk geskiedenis van Safair asook dat dit nou een van die vinnigste groeiende handelsmerke in die lae koste lugredery bedryf in Suid-Afrika is.

Wat is huidiglik of histories ’n groot pyn in die besigheid?

Die grootste pyn is maar konsekwensie of soos hulle sê, “consistency”. Dit is ’n groot besigheid met baie mense betrokke en ons vlieg na verskillende bestemmings en om orals mense te kry om dieselfde kliëntediens te gee en die reëls toe te pas is maar tot nou toe nog die grootste uitdaging gewees, veral omdat ons so vinnig gegroei het. Ons het gegroei van twee vliegtuie na nege. Ons sukkel maar om daardie deurlopende “cookie cutter” effek te handhaaf en dit is maar deur middel van opleiding wat ons dit probeer oplos.

Ek en jy het vroeër ook daarvan gepraat – dat daar buite faktore is soos dienste verskaffers wat ’n mens mee moet saamwerk en dit veroorsaak dat daar baie keer goeters is wat nie binne jou beheer is nie.

NB! Indien jy verlede week se KPS oor Ina Paarman gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link