Klipkouer Kragklont: Elmar Conradie Bonus Vraag 2


Tyd vir n Klipkouer Kragklont wat ’n voorsmakie is van my onderhoud met die CEO van Safair, Elmar Conradie, waar hy my vertel van die geskiedenis – Safair bestaan al vir meer as 50 jaar ‑ ’n baie ryk geskiedenis van Safair asook dat dit nou een van die vinnigste groeiende handelsmerke in die lae koste lugredery bedryf in Suid-Afrika is.

Watter ander verskaffers het ’n groot invloed op julle sukses?

Ja, wel as ’n ou net kyk van die oomblik wat jy bespreek tot jy op die vliegtuig klim ‑ jy het al jou IT verskaffers wat help met die webwerf;jy het jou vennote waardeur jy jou motor verhuring doen; jy het jou brandstofverskaffers by die lughawe wat partykeer laat aankom by die vliegtuig en kan veroorsaak dat die vlug laat is; jy het jou “ground handlers” by die vliegtuig wat die vliegtuig laai met die bagasie;jy het die ouens wat die sekuriteit skandering doen, soms raak die tasse dáár verlore wat ook ’n vertraging veroorsaak.

Dan moet instandhouding gedoen word op die vliegtuig en in ons geval is dit ’n interne verskaffer maar vir baie lugrederye is dit ’n buite verskaffer. Intern is daar ook jou bemanning wat ook maar ’n dienste verskaffer aan jou is. So daar is geweldig baie en ons het vroeër gepraat van die lugverkeer kontroleerders wat ook ’n invloed het.

Jy sal maak dat ek nooit weer kwaad word vir ’n vlug wat laat is nie. Dit is vir my ongelooflik, Elmar. Ek moet bieg want ek sit hierso en jy spel dit uit en ek besef, goeie hemel! Dit is ongelooflik hoeveel losstaande bewegende dele daar is en julle ouens laat dit eintlik maklik lyk.

O ja en wat ek van vergeet het, dan is daar natuurlik jou spyseniering verskaffers ook. Nou wat dit alles soveel meer indrukwekkend maak is dat, van die oomblik wat die vliegtuig land totdat dit weer opstyg, doen ons al hierdie goed in 25 minute. Jy laai al die passasiersaf en laai die nuwe passasiers op; jy laai die bagasiein die vliegtuig; nuwe spyseniering word voorsien endie vliegtuig word skoon gemaak. Die ouens doen die skandering en brandstof word in die vliegtuig gesit.’n Nuwe vlugplan word ingedien.Al dié tipe van goeters vind plaas in 25 minute.

Êrens in daai proses as jy 30 sekondes verloor is dit soos ’n leeftyd.

NB! Indien jy verlede week deel 1 van my onderhoud met Elmar Conradie gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link