Klipkouer Kragklont: Andries Brink Bonus Vraag

Hiermee ‘n voorsmakie van my onderhoud met Andries Brink, stigter van Andile Solutions, waar hulle in banke se unieke tegnologiese behoeftes voorsien van voor tot agter, eerskomende Woensdag.

Watter ander besigheid of industrie is vir jou interessant of ongewoon?

Ek hou maar van tegnologie; ek dink goed soos byvoorbeeld nano-tegnologie, met ander woorde baie, baie klein partikels, is baie interessant. Ek dink nano-tegnologie was groot hier in die vroeë 2000s. Toe het almal daaroor gepraat, jy weet nano-dit en nano-dat, maar mens het nooit werklik die toepassings gesien nie. Maar nou dat dit nie meer so baie bespreek word nie, nóú kan ons sien hoe die goed begin uitrol!

Spesifiek in die mediese veld is dit werklik interessant om te sien wat aan die gebeur is: die klein robotjies – of  agente – wat hulle nou in jou lyf begin loslaat, wat  goedjies rekonstrueer en miskien jou hartare oopmaak en ek weet nie wat alles nie, maar geweldig interessant. Ek het nou die dag met ‘n ou gesels wat spesialiseer in prostaatbehandeling deur robotte wat baie klein snytjies in jou lyf maak om by jou prostaat uit te kom.

Ek het ook ‘n studie gelees wat sê daar is eintlik geen rede om bekommerd te wees oor genetiese kos nie – nogal ‘n objektiewe studie wat nie geborg is deur enigiemand verdag nie – want die goed is goed vir jou, jy kan maar daardie groot appel eet.

Ek is egter bekommerd oor die etiese vrae wat die biogenetika aan die genereer is, soos byvoorbeeld wat is lewe? En beheer oor genetiese manipulasie, daardie goed pla my en ek het opinies daaroor wat seker baie tradisioneel is, maar die genetika is definitief ‘n baie interessante funksie en weer eens het dit te doen met ons vermoë om te kan inligting prosesseer. Die laaste een wat my werklik interesseer is energie, veral batterye. Ek dink veral ons in Suid-Afrika, waar ons baie wind en son het, moet net leer om dit goed te stoor. So, die batterytegnologie wat vooruitgang maak, weer eens op ‘n nanovlak is werklik interessant; ek dink die dae van lithium ion, wat jy nou in jou selfoon het en ook in jou Tesla-voertuig as jy een kan bekostig is oor so vyftien jaar ook ou nuus, en dan gaan ons beter meganismes hê om te kan stoor, en dit sal wonderlik wees, ek sien uit daarna.

Dis maar wat my interesseer, die tipe goed wat met tegnologie te doen het.

NB! Moenie laas week se onderhoud met Riaan van Wyk, eienaar van DemZa Bake ‘n Pack, misloop nie!

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link