Klipkouer Kragklont: Jaco Gerrits Bonus Vraag

 

‘n Voorsmakie van my onderhoud met Jaco Gerrits, Sosiale Entrepreneur van die Jaar 2016 en eienaar van CrashDetech, eerskomende Woensdag.

 

1.Watter ander besigheid of industrie is vir jou interessant of ongewoon?

Wat vir my baie interessant is, is kontekstuele bewustheid. Dis daardie tipe data wat CrashDetech van gebruikers verkry om na jou padgewoontes te kyk. Sodoende kan ons sien hoe duur dit is en voordele aanbied vir as jy beter sou bestuur. Op dié manier verlaag ons die versekeringsrisiko. Ons gebruik dit as ‘n kommersiële voordeel in terme van hoe ons tegnologie aan versekeraars lisensieer.

Dis beslis ‘n geleentheid vir kontekstuele bewustheid, maar ek dink die wearables-mark is een wat my persoonlik interesseer. ‘n Voorbeeld is ‘n pastoestel wat vir ons presies sal vertel wat jou daaglikse bewegingspatrone is. Daardie data kan dan toegepas word vir ander gebruike, weereens om te kyk na byvoorbeeld lewensversekering en om jou risiko anders te klassifiseer in terme van die tipe data wat jy genereer.

Dit is ook vir my belangrik om altyd een of ander sosiale aspek in besigheid in te bring. Ek dink veral in die laer inkomste-markte is daar baie groot groeigeleenthede hiervoor, veral met tegnologie. Soos wat tegnologie daar begin binnedring, kan ons kyk na nuwe finansiële dienste, nuwe gesondheidsdienste, kruidenierswaredienste – daar is net só baie dienste wat ons kan identifiseer om mense se pynpunte aan te spreek en ek dink dit is iets wat my baie opgewonde maak.

Daar is  fantastiese geleenthede, al dink baie ouens dikwels verkeerdelik dat daar in Suid-Afrika byvoorbeeld 30 miljoen ouens is wat iets nie kan  bekostig nie. Dit gaan egter nie oor bekostigbaarheid nie, maar eerder die regte prys. As die prys reg is sal die mense koop.

Ook is ons mark uniek en jy moet altyd na geleenthede kyk wat relevant is vir jou mark. Baie van die maatskappye veg vir die top 10% se besigheid, maar ons het hierdie piramide-effek waar 90% van die mark onderbedien word, terwyl die tegnologie bestaan om vir die laer inkomstegroepe ook voorsiening te maak.

Jy moet aanpas by jou mark, jy kan nie eerste wêrelddenke op ‘n derde wêreldland afdwing nie. Jy moet letterlik aanpas by dít wat jou mark wil hê.

 

NB! Moenie laas week se onderhoud met Deon Roux, eienaar van Dry Ice International, mis nie.

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link