Lees Naweek Nadink 12: Het Jy ‘n Veraf of Gefokusde Kyk?

IMG_0004

Veral gedurende die Tweede Wêreldoorlog het dokters die eertste tekens van “post-traumatic stress disorder” onder die soldate opgelet. Op daardie stadium het hulle nie lekker geweet wat met ‘n soldaat aangaan nie, behalwe dat hy ‘n uitdrukkinglose, ongefokusde, veraf kyk gehad het. Dokters het daarna verwys as ‘n “thousand yard stare”. In Afrikaans noem ons dit bomskok.

In kontras vind mens dat ‘n renjaer letterlik ‘n “thousand yards” vooruit moet kyk na ‘n aankomende draai. Die rede vir hierdie “pro-aktiewe staar” is dat sy reaksietyd versnel word. M.a.w., dinge gebeur stadiger in sy kop wat lei tot vinniger en beter voorafgaande besluitneming en reaksies. Dit stel hom instaat om later te briek om sodoende die draai vinniger in te gaan en gevolglik vinniger uit te kom. M.a.w., hy kan die draai baie vinniger vat.

My vraag aan jou:

  1. Het jy ‘n ver, ongefokusde staar a.g.v. al die reaktiewe “lewens battles” wat jy elke dag moet veg en wat jou weerhou om jou beste te wees? of
  2. Het jy duidelik gedefinieerde doelwitte waarop jy elke dag fokus sodat jy beter besluite kan neem en sodoende versnel na die wenpaal?

Kyk uit vir my opkomende en eerste webinar in April: Kategoriseer Jou Doelwitte.

Lekker week verder en onthou…..Aanhouer wen!

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link