Lees Naweek Nadink 14: Neem Verantwoordelikheid My Magtig

Ek is terug na ‘n paar tawwe dae in Orania, waar ek die heel eerste Bo-Karoo Vasbyt gehardloop het. Dis ‘n 100km wedloop, versprei oor vier dae PLUS ‘n ekstra 3km vir my!

Op die laaste dag, ‘n 28km stint, hardloop ek drie keer die verkeerde pad! Die tweede verkeerd hardloop was die handewerk van ‘n klein blikskottel wat die rigtingaanwysingspyl na die verkeerde rigting gedraai het (Ek het natuurlik my pad teruggevind na die pyl en hom in die regte rigting gedraai en beskou hierdie oomblik as my grootste bydrae tot die wedloop….veral vir die vasbyters agter my!).

My waarnemings en gevoelens tydens die verkeerd hardloop:

  1. My onmiddelike reaksie was om die organiseerders te blameer in plaas daarvan om te erken dat ek eenvoudig nie gefokus het nie.
  2. Ek het kwaad geword en dit het my net moeër en nog meer ongefokus gemaak.
  3. Ek wou stop en onder ‘n boom gaan lê, want ek het my bes gedoen en dis mos ander mense se skuld dat ek nie gaan klaar maak nie…

Wat probeer ek sê:

– Tot jy nie veranwoordelikheid neem vir jou negatiewe gedagtes nie, sal jy nooit vorentoe beweeg nie.
– Om kwaad of emosioneel te word dreineer kosbare energie en maak jou net nog meer ongefokus wat lei tot meer foute.
– Jy is die probleem en die oplossing, nie ander mense of omstandighede nie.

Lekker week verder en onthou…..Aanhouer wen!

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link