Naweek Nadink 15: Hoe Meer Haas Hoe Minder Spoed

IMG_3990

Vroeg gisteroggend staan ons toe in ‘n ry by een van die Kruger wildtuin hekke. Ek en my vriend (die kar voor my) klim vinnig uit om ons papierwerk voor te berei. Soos die karre in die wildtuin toegelaat word, maak ‘n klein “gaping” drie karre voor ons oop.

Die volgende oomblik skuur ‘n kar, met ‘n vrou agter die stuur en ‘n oulike dogtertjie op haar pa se skoot, verby ons…Ek waai nog so ewe vriendelik vir die dogtertjie, toe ek met ontsteltenis besef wat besig is om te gebeur… Sy gaan die “gaping” beter as ‘n Springboksenter vat!!!

Deur die hek en daar staan die ‘Springboksenter’ se kar en wag. Hoekom?

1. Sy was ongeduldig (en ongeskik).
2. Sy was onvoorbereid. (As jy met ‘n bankkaart wil betaal moet jy terugstap na die kantoor toe.)

So, wat probeer ek sê?
Hoe meer haas, hoe minder spoed. Wees voorbereid, maak seker jy het ‘n duidelike doelwit en wees geduldig.

Lekkker week en onthou…Aanhouer Wen!

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link