Lees Naweek Nadink 16: Is Jou Verskaffer ‘n Uitgawe of ‘n Belegging?

Die afgelope paar weke is ek besig om met nuwe diensverskaffers te ontmoet om hulle uit te nooi om gebruik te maak van ons nuwe aanlyn werkskeppingsplatform wat ons TalentWerf gedoop het. Ons beplan om TalentWerf in Junie te loods. Een van die belangrike vryskutdienste wat gebied gaan word, is boekhouding.

In Engeland betaal ek 30% duurder vir my boekhouers. Hulle het my egter aan my grootste klient voorgestel, wat beteken dat ek ‘n inkomste genereer wat 3 keer meer is as my boekhouding uitgawe. Terselfdertyd het hulle my al met vele ander belangrike kontakte verbind.

Wat probeer ek sê:

1. Maak seker jou verskaffer is nie bloot ‘n uitgawe wat geen werklike waarde tot jou besigheid toevoeg nie. My boekhouer is ‘n belegging wat vir my ‘n inkomste genereer.

2. Moenie kortsigtig wees en jou blindstaar teen die goedkoopste prys nie. In die lang duur sal hulle jou duurder kos.

Lekkker week en onthou…Aanhouer Wen!

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link