MBA in Eiendomsbelegging
Ten einde in eiendom te belê benodig 'n mens heelwat tyd en geld, maar die tyd en geld hoef nie jou eie te wees nie. Ernes Stander het die 'MBA in Eiendomsbelegging"-konsep ontwikkel, wat eiendomsbeleggings moontlik maak vir elke individu. In ‘n drieledige potgooi-reeks gesels Ernes en Jacques Basson in detail oor hoe eiendomsbeleggings moontlik is, ongeag 'n mens se finansiële vermoëns.

Nuutste POTGOOIE
3: MBA in Eiendomsbelegging
Welkom by die derde episode in die MBA in Eiendomsbelegging potgooi reeks oor hoe ‘n mens eiendom as een van jou beleggingsportefeuljes kan skep, sonder om self hand in eie sak te steek. In hierdie episode, bespreek ons die ‘A’ of te wel ‘Alternatiewe Bevondsing’, wat basies die kern van die MBA-strategie behels. Dis ‘n […]
2: MBA in Eiendomsbelegging
In die tweede episode van die MBA in Eiendomsbelegging potgooi reeks, gesels Ernes Stander en Jacques Basson oor hoe mens te werk moet gaan ten einde te verseker dat jou ‘Berekeninge’, die ‘B’ van die‘MBA , akkurraat is. Dit behels die prysklas wat ‘n mens in gedagte het, die area waarin jy belangstel en, natuurlik, […]
1: MBA in Eiendomsbelegging
In die loodsepisode van die MBA in Eiendomsbelegging potgooi reeks, gesels Ernes Stander en Jacques Basson oor hoe ‘n mens te werk moet gaan om die beste winskopies op te spoor. Dit behels eerstens die ‘M’ van MBA, naamlik die gemotiveerde verkoper se ‘Motief’. Daar is vyf maniere waarop ‘n mens kan bepaal of ‘n […]