Dit was weereens ‘n baie leersame en opwindende week.
TalentWerf maak vordering en ek het nog drie Klipkouer onderhoude in die sakkie!
My week het weggespring met middagete saam met Dr. Hannes Dreyer. Hy is ‘n suksesvolle, interessante man wat al op 36 jarige ouderdom afgetree het (31 jaar gelede!).
‘n Gewoonte wat ek en Hannes in gemeen het, is dat ons nie nuus kyk of koerante lees nie. Die nuus is meestal iemand se opinie en baie negatief. Ongelukkig weet ons dat goeie nuus nie so goed verkoop soos slegte nuus nie.
Wat probeer ek sê:
– Nuus gaan jou nie help om jou potensiaal en doelwitte te verwesenlik nie.
– Jou gedagtewêreld sal jou maak of breek en die meeste nuus skep vrees en onsekerheid.
– Luister eerder na ‘n leersame potsending bv. Klipkouers! of oudio-boek of lees ‘n goeie boek wat jou lewe gaan verryk.
Lekker week verder en onthou…Aanhouer Wen!