Naweek Nadink 13: Hy Gee R90 Miljoen Per Jaar en Ry Weg In ʼn Corolla

Ek het werklik ʼn baie genotvolle week agter die blad. Ek het baie interessante individue ontmoet en baie nuwe dinge geleer.

Vrydagoggend was ʼn hoogtepunt toe ek die voorreg gehad het om ʼn sakeontbyt by te woon met gasspreker, Francois van Niekerk, waar hy sy nuwe boek,Doing Business With Purpose,bekendgestel het.

Wie is Francois van Niekerk en wat maak hom spesiaal?

    • Mertech is ʼn private investerings maatskappy wat verskeie besighede en industrieë wêreldwyd besit asook in verskeie besighede belê.
    • Francois is bv. die mede-stigter van die Atterbury Group wat o.a. die Menlyn Mall besit en binnekort hulle nuwe reus, Mall of Africa (die grootste winkelsentrum in Afrika),gaan open.
    • Hy’t die Mergon Foundation gestig met die doel om God se koningryk uit te brei.
    • Hy het stelselmatig, oor ʼn 36 jaar periode, sy aandeelhouding oorgedra na die Mergon Trust, waar die Trust vandag 90% van die aandele besit.
    • Verlede jaar het die Mertech Groep dividende ter waarde van R90 miljoen aan die Mergon Trust oorbetaal en hierdie jaar gaan dit nader aan R100 miljoen wees.

En die kersie op die koek?

Later die oggend stap ek toevallig verby Francois en sy dogter waar hulle in hulle COROLLA klim, oppad na hulle volgende afspraak.

Daar’s nie veel meer om te sê nie, maar wel baie om oor na te dink.

Lekker week verder en onthou…..Aanhouer wen!

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link