Naweek Nadink 18: Van Slim Fit na Tight Fit tot Cross Fit

Naweek Nadink 18

 

Ek kan nie glo dis al agt weke vandat ek in SA geland het nie. ‘n Man kan net so baie biltong, braaivleis en bier geniet totdat jou slim fit hemde verander in tight fit hemde…

Gewapen met hierdie realiteit besluit ek toe om hierdie Cross Fit ding te takel… Ek is darem nie heeltemal onkundig wanneer dit by oefening kom nie en besef toe dat ek dit moet rustig vat aan die begin.

Ten spyte hiervan, kon ek nie behoorlik hoes, nies of poep die volgende dag nie. Seer spiere (veral binne 24 uur) is nooit lekker nie en beslis nie ‘n motiveerder nie. Na sessie twee kon ek darem alreeds voel hoe my spiere begin aanpas.

 

My gedagtes:

  • ‘n Mars ruimtetuig gebruik die helfde van sy energie net om die aarde se gravitasie te ontsnap. M.a.w. gedurende die eerste 400 km van die totale 225 miljoen km word 50% van die energie opgebruik!
  • Die begin van enige projek of aktiwiteit is altyd die moeilikste, maar as jy uithou en aanhou word dit makliker.
  • Enige iets wat die moeite werd is om te doen of van kwaliteit gehalte is, vat tyd.
  • Moenie probeer hardloop voor jy kan kruip nie. Babatreë is belangrik en OK.

 

Lekker week verder en onthou…Aanhouer Wen!

 

 

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link