Naweek Nadink 19: Neem ʼn Besluit en Hou Daarby!

Akademia Sake-ontbyt

 

 

My week het op ʼn hoogtepunt geëindig met Akademia se Sake-ontbyt (dankie en eersteklas werk Chris du Plessis), met gasspreker en medestigter van die Atterbury Group (hulle besit o.a. Menlyn en Mall of Africa), Louis van der Watt.

Dit was natuurlik ook lekker om weer Meyer le Roux, medestigter van Buffelsfontein Baard-olie, se baard van naderby te ondersoek. (Ek moet nog kyk wat hy gaan doen as ek aan sy baard probeer trek…).

Louis het informeel en reguit gepraat en ʼn paar punte aangeraak wat my laat dink het:

  • Mense wil weet hoekom Atterbury so suksesvol is: “Neem ʼn besluit en hou daarby” sê Louis. As jy wil immigreer, immigreer, maar as jy besluit om in SA te bly, sorg dat jy 100% in is. Soos die Ingilse sê: No Half Measures.
  • Stel die beste mense aan, ongeag wie wat sê, en gee hulle eienaarskap in die besigheid. Louis sê ʼn 32- en 36-jarige het die Mall of Africa gebou en hulle het eienaarskap in die besigheid.
  • Vertel vir jou kinders van die werk wat jy doen en betrek hulle soveel moontlik. Dis een van die beste leerskole. Hy vertel hoe hulle grond by ʼn Joodse familie gekoop het en die pa sy jong seun uit die skool gehaal het om die vergadering by te woon. Die seun moes net sit en observeer.
  • Ek gaan een van sy wyshede in my eie woorde sit: As jy die heeltyd jou blindgestaar het teen Steffi Graf se neus, het jy haar bene misgekyk…

 

Lekker week verder en onthou…Aanhouer Wen!

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link