Naweek Nadink 20: Is Dit Tyd om Jou Boot te Brand?

Boot Afbrand

Tydens my onderhoud met Stefan van der Walt (die dryfkrag agter Premium Holdings) het hy dit duidelik gemaak dat ʼn kwaliteit karakter baie belangriker is as kwalifikasies.

Sit jou geld op die ou met karakter eerder as die ou wat sy kwalifikasies aan die groot klok hang. Wanneer die lewe jou uitdaag vir ʼn fight, sal slegs ware karakter jou laat opstaan elke keer as jy plat geslaan word.

In 1519 het Kaptein Hernán Cortés en sy Spaanse soldate in Veracruz geland met die doel om die land in te neem. Skaars geland, beveel hy sy manne om hulle skepe te brand, wat hulle met twee opsies gelaat het: Wen of Sterf (hulle het gewen).

 

Wat probeer ek sê?

–  Bou karakter en deursettingsvermoë deur doelbewus jou boot te brand. Moenie jouself maklike uitkomste gee deur te veel opsies te hê nie.

– Verwyder ook die opsie om bloot net om te draai of op te hou sodra dinge ongemaklik raak.

 

Lekker week verder en onthou…Aanhouer Wen!

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link