Naweek Nadink 22: Meet Dit en Verbeter Dit.

Bodytech

Verlede week bestee ek toe ‘n bietjie tyd saam met Jaco Ferreira, eienaar van RevolutionFit wat verlede jaar die “Startup”-kategorie van Akademia se Sakeplan-kompetisie gewen het.

Hulle gebruik baie indrukwekkende Duitse EMS (Electro  Muscle Stimulation)-tegnologie wat tydens oefening 90% van jou diep spiere aktiveer en versterk, en wat 18 keer meer effektief is as gewone oefening. Twintig minute se oefening met EMS is gelyk aan 2 ure se normale oefening.

Hy koppel my toe aan hulle “Omega wave”-stelsel (R500,000-masjien) wat deur die Russe ontwikkel is om op ‘n maklike manier hulle ruimtevaarders se algehele fisiese kondisie te meet. Die stelsel vertel jou wanneer en hoe jy moet oefen om optimale resultate te verkry. Hy vertel jou tot wat jou genetiese voordeel/sterk punt is.

Dit het my opnuut weer laat dink aan die 80/20 reël (Pareto Optimum) en hoe moderne tegnologie atlete in staat stel om te weet watter spiere wanneer en vir hoe lank geoefen moet word ten einde optimale resultate te bereik.

Besigheid en ons persoonlike lewens is vir my presies dieselfde:

  1. Bepaal wat die huidige realiteit is (die waarheid … nie aannames nie).
  2. Identifieer  jou sterk punte en geleenthede.
  3. Stel ‘n aksieplan saam waarbinne jy jou sterk punte en geleenthede kan benut.
  4. Onthou 80/20. Fokus op aktiwiteite wat jou produktiwiteit en resultate maksimaliseer.
  5. ‘n Gefokusde benadering versnel sukses.
  6. ‘n Duidelike wegspringplek stel jou in staat om jou vordering te meet.

Lekker week verder en onthou … Aanhouer Wen!

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link