Naweek Nadink 23: Of Halfvol of Halfleeg

Halfvol

Na drie maande in Suid-Afrika, klim ek toe verlede Woensdag met ʼn swaar hart op die vliegtuig, maar land toe gelukkig in ʼn sonnige (soort van) Engeland wat voorberei vir somer. Dis ʼn ongelooflike mooi tyd van die jaar en beslis ʼn riem onder die hart.

Ons aanlynwerkskeppingsplatform, TalentWerf, word die einde van die maand van stapel gestuur. Ons is almal baie opgewonde oor die nuwe diens en die terugvoer van besighede en diensverskaffers is positief.

Dit was ook die eerste keer dat ek as entrepreneur so baie tyd in SA deurgebring het (ek  was mos ʼn korporatiewe dier in my vorige lewe). Ongelooflike Afrikaners ontmoet, BAIE geleer en fantastiese geleenthede raakgesien.

ʼn Paar dinge wat veral vir my uitgestaan het:

  1. Mense wil in dollars of ponde geld verdien, maar weet nie hoe om die internasionale mark te betree nie. TalentWerf gaan die eerste stap wees ten einde hierdie geleentheid te realiseer.

2. Opleiding is baie groot en word hoofsaaklik deur SEB (swart ekonomiese bemagtiging) aangedryf wat vereis dat besighede ʼn persentasie van hulle “payroll” moet afstaan aan opleiding. Daar is egter ʼn probleem: die opleiding is ‘n teoretiese gemors!

3. Daar is massiewe kloof tussen die meeste universiteite en die privaatsektor. Meeste universiteite is wors-/geldmasjiene wat glad nie weet of omgee oor praktiese werksplekvoorbereiding van studente nie.

4. Baie kleinsakeondernemings en individue speel nie die SEB-speletjie nie en glo my, dit IS ʼn speletjie. Hoekom dan nie? Wel, hulle is óf onkundig, rassisties óf geldgierig (100% van nul is nul, ou Grote). Hierdie is by verre die grootste geleentheid.

Die glas is halfvol of halfleeg. Of jy staar jou blind teen die normale wat ʼn skelm regering is wat nie hulle werk doen nie en hoë misdaadsyfers, of jy begin fokus op die geleenthede reg voor jou neus. Dis een of die ander. Die brein kan nie op twee dinge gelyktydig fokus nie.

Ek wil jou weereens herinner dat die Klipkouer en die Aanhouer sal wen!

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link