Naweek Nadink 25: Nederlandse Polisie Pos Jou Motorfiets Vir Jou!

FietsVerlede week kuier ons toe so ‘n bietjie in Wallis waar ons ‘n jaarlikse tuisskoolkonferensie bygewoon het. Een van my geselsies was met ‘n Nederlander oor hulle fietsryery en indrukwekkende fietslane. Jy kan letterlik die hele land platry met ‘n fiets (die land het egter nie juis hulp nodig om platter te wees nie!).

Ek’s bewus daarvan dat die owerhede fietsryers oor dieselfde kam skeer as motoriste, soos byvoorbeeld dat jy nie dronk mag fietsry nie! Wat ek nie geweet het nie, is dat die meeste pasolas ‘n “limiter” het wat die pasola se krag – en natuurlik spoed ook – beperk. Tipies sal jonger mans (en my tappet Welkom-vriende van die goeie ou dae) die “limiter” verwyder, maar die Nederlandse polisie doen gereeld “spot checks” en een van die gevolge vir hierdie tipe oortreding is die volgende:

Hulle stuur jou warmgemaakte pasola na die skrootwerf, druk hom in ‘n klein, vierkantige blok en pos hom terug vir jou. Jy gaan van ‘n Help-My-Trap weer na ‘n Trap!

Wat probeer ek sê:

  1. Daar is altyd gevolge vir jou aksies.
  2. Daar is altyd gevolge vir géén aksie nie.
  3. Maak seker jy kan jou geleentsheidskoste bepaal. Daar was byvoorbeeld ‘n koste verbonde aan die tyd wat ek verlede week gemors het met ‘n potensiële kliënt.
  4. Daar is ‘n koste verbonde aan die aanhou/uitstel van ‘n geleentheid of om ‘n verandering in jou lewe te maak.
  5. Aksie kom voor motivering (ek sal bietjie meer uitbrei volgende week).

Lekker week en onthou … Aanhouer Wen!

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link