Naweek Nadink 26: Onmoontlik Kan Normaal Begin Voel

 

Ek moet bieg, dit was bietjie meer as ‘n week gelede my verjaarsdag en oudergewoonte hou ek daarvan om myself bietjie te bederf gedurende my verjaarsdagweek deur met ‘n paar superkarre om ‘n renbaan te gaan jag. So … verlede Donderdag gaan jaag ek toe resies met ‘n Ferrari 360, Lamborghini Gallardo en Ariel Atom wat in die video hierbo is en VERREWEG die vinnigste van die karre (0–100km in 2.3 sekondes … die manne van Welkom staan net-net nie ‘n kans nie!).

Wat vir my altyd opvallend is, is hoe jou brein jou kan oortuig dat daar geen manier is waarop die kar teen daardie spoed om die baan regop gaan bly nie; totdat jy bereid is om die kans te vat om te sien of dit werklik so is. Daarna word dit makliker.

Dit laat my ook dink aan ‘n onderhoud met Sabastian Vettel (jongste viermalige Formule 1 Wêreldkampioen) waarin hy vertel van sy heel eerste toetsrondtes in ‘n Formule 1-renmotor. Hy was oortuig dat hy in sy broek sou skuit en dat hierdie sport slegs vir regte mans is. Daarna het hy begin gewoond raak aan die spoed en die res van sy storie sover is legendaries.

Wat probeer ek sê:

1. Nuwe uitdagings en persoonlike groei voel vreemd en IS ongemaklik.
2. Jou brein se werk is om jou te beskerm teen gevare (verandering), maar jou brein is ‘n leuenaar!
3. Wees geduldig en byt vas. Die ongemak van verandering is van korte duur.
4. Na ‘n paar weke sal jou nuwe gewoontes en denkwyse normaal begin voel. Dis hier waar jou sukses versnel, want jy is nou meer effektief.
5. Maak seker jy daag jou eie denkwyse op ‘n gereelde basis uit. Persepsie is realiteit en jou persepsie STINK dalk net.

Lekker week en onthou … Aanhouer Wen!

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link