Naweek Nadink 28: Hoe Lank en Warm Brand Jy?

Brand

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Drie weke na my verjaarsdagbraai kan ek nog steeds nie behoorlik loop nie. My kameeldoringkool-wond is minder diep, maar hy is steeds die baas.

Siende dat dit nou “somer/minder koud” hier in Engels-land is, word daar gereeld gebraai. Saterdag maak ek toe sommer vuur met ‘n speelgoedkas wat sy doel gedien het (my kameeldoringhoutvoorraad was klaar). Ek voel toe opnuut weer soos ‘n student waar ons basies met enigiets vuur gemaak het wat kon brand (of nie kon brand nie), want braai sal daar gebraai word…

Wat my opgeval het is hoe baie meer speelgoedkashout (swak hout) ek nodig gehad het in die plek van die kameeldoringhout (goeie hout), maar meer belangrik nog: hoe vinnig die swak hout uitgebrand het. Hier was hierdie massiewe vuur met baie min uithouvermoë wat geen regte waarde toevoeg nie. Letterlik net ‘n klomp warm lug en niks meer nie. Inteendeel, ek moes charcoal bygooi om gebraai te kry.

My gedagtes:

1.Maak seker jy’s kameeldoringhout. Brand lank en warm. Voeg waarde toe.

2. Brand lank en warm deur doelbewuste groei.

3. Jy kan nie doelbewus groei sonder meetbare doelwitte nie.

Om jou te help om langer en warmer te brand, bied ek my eerste Klipkouers Webinar: Hoe Om Jou Doelwitte Te Verdeel & Monitor hierdie Vrydag om 13h00 aan.

Ek gaan jou wys hoe om:

  • Jou produktiwiteit en effektiwiteit te verhoog
  • Jou doelwitte te verdeel
  • Jou verdeelde doelwitte te monitor

Registreer deur hier te kliek:  Registreer Nou

Lekker week en onthou…Aanhouer Wen!

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link