Naweek Nadink 29: Volg jy op of los jy geld op die tafel?

Geld

Ons is die afgelope paar weke besig om vir my skoonmaakbesigheid, VanBroc, ‘n nuwe aanlynbemarkings-“engine” by te voeg. Die engine is ‘n kombinasie van Pipedrive en Mailchimp.

Ons gaan doodeenvoudig seker maak dat ons op ‘n geoutomatiseerde manier gereeld kontak maak met alle potensiële kliënte waarmee ons nog ooit  in aanraking was of nog sal kom. Ek praat ook nie van ‘n nuusbrief nie, want ‘n nuusbrief lig in; dit bou nie of handhaaf verhoudinge nie.

Dit is vir my ontstellend hoe ons oor die jare net nie effektief kontak gehou het met potensiële kliënte vir wie ons ‘n kwotasie gegee het. Dit sluit situasies in waar ons net-net verloor het en tweede keuse was. Hierdie kliënte was nog steeds beïndruk met ons besigheid, maar ons was nie hulle eerste keuse OP DAAI OOMBLIK nie.

My gedagtes:

1.Mits jy Apple of Microsoft is, is jy naïef as jy dink potensiële kliënte gaan jou noodwendig onthou (of het jou besigheidskaartjie geraam) wanneer jou kompetisie ‘n jaar of twee later aanjaag en vervang moet word. Hulle vergeet van jou.

2.Jy’t reeds kontak gemaak en die fondasie vir ‘n verhouding met ‘n potensiële kliënt gelê. Gebruik sagteware en “loer” elke paar maande outomaties in. Hulle gaan NIE van jou vergeet nie.

3.Elke week kry ek Mentorskap-verwante e-posse van Klipkouers wat hulp nodig het. Baie van hierdie Klipkouers kon na vele maande nogsteeds nie ‘n afspraak met my vasmaak om te gesels nie. Hulle doen moeite om my te kontak, maar volg nooit op nie. Ek vergeet van hulle.

4.Na drie maande in Pretoria, is ek geskok oor hoe min mense met my opgevolg het na ons afsprake/geselsies. Hierdie is mense wie se dienste ons in ons besigheid kan gebruik. Ek vergeet van hulle.

5.Dis moeilik om ‘n afspraak te kry ten einde nuwe besigheid te wen. Moenie daai afspraak mors of kortsigtig wees nie. Moenie geld op die tafel los nie!

Lekker week en onthou…Aanhouer Wen!

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link