Naweek Nadink 30: Ken ek jou?

Ken

 

Jy’t dalk al gehoor van die gesegde dat die grootte van jou netwerk die grootte van jou netto waarde (nett worth) bepaal. Nou, my definisie van ‘n/my netwerk is ‘n kombinasie van:

  1. Mense wat ek baie goed ken.
  2. Mense met wie ek al besigheid gedoen het.
  3. Mense met wie ek al persoonlik of telefonies gesels het.

Ek voel sterk dat jou netwerk se belangrikste funksie is om ander mense te help deur  hulle in verbinding te bring met spesifieke mense in jou netwerk wanneer dit relevant of nodig is. Hoe kan jý ander mense help?

Voorbeeld: Wanneer ek jou nie kan help met ‘n probleem of antwoord nie, kan ek jou verwys na iemand in my netwerk wat jou wel sal kan help. Of iemand in my netwerk sien byvoorbeeld op LinkedIn of Facebook dat ek iemand ken met wie hulle wil praat en vra vir ‘n voorstelling.

Hier is die probleem en my gedagtes:

  1. As jy nie te minste al met so iemand gesels het nie, vat jy ‘n groot kans om so ‘n persoon as deel van jou netwerk te beskou.
  2. Ek kry elke week versoeke van vreemdelinge op Facebook of Linkedin om te “connect”.
  3. Ek gaan nie jou versoek aanvaar nie, want ek ken jou nie.
  4. BELANGRIKSTE PUNT: Ek gaan my naam gat maak as ek versoeke van vreemdelinge aanvaar en iemand in my netwerk kontak my en vra dat ek hom of haar verbind met die “vreemdeling” wat ek klaarblyklik ken.

MOENIE met vreemdelinge verbind nie, en beslis nie as jy werklik wil waarde toevoeg tot jou netwerk en eerder ‘n kwaliteit-netwerk wil opbou teenoor groot getalle “Friends of Connections” – wat in elk geval belaglik lyk.

Onthou om te luister na ons nuutste onderhoud met Fanie Joubert van Baleia Wines.

 

Lekker week en onthou…Aanhouer Wen!

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link