Naweek Nadink 31: Het jy my ma ‘n virino genoem? !

 

 

NN31

 

Ek gesels toe die naweek met ‘n vriendin van my, Kelly, wat besig is om ‘n nuwe taal aan te leer genaamd Esperanto  (beteken “iemand wat hoop”).

Virino beteken “vrou” as jy dalk bekommerd was…

Esperanto is die mees wyd gesproke taal in die wêreld en word deur meer as 2 miljoen mense gepraat. Die Poolse Jood, L.L. Zamenhof, het die eerste Esperantoboek reeds op 26 Julie 1887 gepubliseer.

Zamenhof het drie doelwitte gehad met die ontwikkeling van Esperanto:

1. Om die aanleer van ‘n taal só maklik te maak, dat dit soos ‘n speletjie voel.

2. Om maklik met enige iemand in die wêreld te kan praat; met ander woorde, internasionale kommunikasie.

3. Om ‘n manier te vind om die mensdom se natuurlike verskille maklik deur effektiewe kommunikasie te oorkom.

 

My visie met Klipkouers is soortgelyk:

1. Dit is ‘n hoop om al die Klipkouers, met ander woorde, vir jóú bewus te maak of te verbind met ander Klipkouers dwarsoor die wêreld.

2. Meer geleenthede om in ons moedertaal te gesels, te leer en te handel.

3. Vir Klipkouers nuwe geleenthede op internasionale vlak te skep.

4. Dit maklik te maak vir Klipkouers in die buiteland om besigheid in Suid-Afrika te doen.

 

My laaste gedagte:

Die Chinese is besig om meer en meer Esperanto op skoolvlak te leer. Ons kyk lankal nie meer Weswaarts vir toekomsverwikkelinge nie, ons kyk nou Oos. Wees wakker.

 

Onthou om na ons nuutste onderhoud te luister met Adri Kruger, Entrepreneur van die Jaar 2014.

 

Lekker week en onthou…Aanhouer Wen!

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link