Naweek Nadink 33: Kry hulle uit die kantoor en hou fyn dop

ook

 

Een van die groot probleme waarmee Klipkouers worstel is die identifisering en aanstelling van gehalte werknemers. Die onderwerp kom gereeld voor tydens onderhoude en dit sluit veral mense op senior vlak in.

Baie nuwe aanstellings wys na ‘n paar maande hulle ware suurstofdiefkleure ten spyte van ‘n goeie CV en onderhoud.

Ek dink toe na oor my korporatiewe rolle vroeër jare (3 SA-maatskappye & 3 VK-maatskappye) en hoe ek vir elke rol rekruut is, maar meer spesifiek, my finale onderhoude voor hulle my ‘n pakket aangebied het.

Een gedagte slaat my toe vir ‘n ses:

Van al my finale onderhoude oor die jare heen (ongeveer 9), het slegs twee persone/maatskappye my uitgenooi vir ete (Vrydagaand) saam met hulle kollegas, MAAR vreemd genoeg was beide persone die eienaar van die besigheid! Nou toe nou.

Wat probeer ek sê?

Vir belangrike aanstellings; maak seker jy kry die kandidaat uit die kantoor en in ‘n posisie waar hulle meer kan ontspan en hulself wees. Jy gaan baie meer omtrent hulle leer as enige aanlegtoets of ‘n goed voorbereide “sales pitch” gedurende die onderhoud.

 Onthou om na ons onderhoud te luister met Jaco Gerrits, eienaar van Crashdetech.

Lekker week en onthou… Aanhouer Wen!

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link