Naweek Nadink 34: Spanje herinner my altyd aan die volgende…

 

Ek is die naweek in Spanje saam met my familie. Ons is in ‘n gebied met die naam, Pals, wat so 45 minute van die Franse grens is.

Hierdie is ‘n baie spesiale plek vir my want toe my pa in Junie 2007 skielik oorlede is, het ek hier in Spanje besluit om eie besigheid te begin. Dit is dus baie spesiaal en sentimenteel om hier te wees. Ons was in 2008 weer hier saam met my skoonsussie-hulle en ek het die maand vantevore my skoonmaakbesigheid begin.

Wat my altyd sal bybly is dat my seuntjie, Christian, toe nege maande oud was en hier staan hy staan nou met die kamera in sy hand – hy’s amper nege jaar oud! Maar daardie tyd het ek pas my eerste klein kontrak gewen wat so ‘n duisend rand wins per maand beteken het. Maar ek onthou daar was ‘n probleem; ons het ‘n simpel fout gemaak. Die kliënt het my gebel en ons het gesels en ek weet vir daardie vyf of ses dae wat ons hier was, was ek baie gestres en omtrent heeltyd op die foon. Maar dit was die kapasiteit wat ek kon hanteer – ‘n duisend rand!

En nou, amper agt-en-‘n-half jaar later kyk ek terug en dis vir my nogal komies om te sien dis al wat ek toe kon hanteer. Maar natuurlik, so met die jare het ek gegroei, my skouers het breër geword om meer stres te kan hanteer, en natuurlik ook groter doelwitte aan te pak. En dít is die kern van my storie en ek wil aansluit by die Japanese visstorie wat ek so twee weke terug vertel het van óf jy moet swem, óf jy gaan dood.

En die punt is dat, en dit is ongelukkig die realiteit, as jy groter doelwitte wil aanpak, of meer dinge doen, en meer stres kan hanteer, moet jy deur die pyne gaan, jy moet konstant groei.

Die slegte nuus wat ek hier vir jou het is dat jy hierdie pyne of gevolge nie kan vryspring nie. En as jy dink jy kan jouself beskerm deur glad nie te groei nie sodat jy nie deur hierdie pyne hoef te gaan nie, het ek verdere nuus vir jou: ongelukkig leef ons in die 21ste eeu, en as jy nie vorentoe beweeg nie, beweeg jy agteruit. Die wêreld beweeg teen ‘n hengse pas vorentoe en die groot ding natuurlik is soos enigiets in die lewe, te veel van ‘n goeie ding is sleg. Ons eet byvoorbeeld elke oggend hier croissants. Dis baie lekker vir die eerste oggende, maar na die agtste oggend is dit nie meer so lekker nie. So ook met ander dinge: mens kan nie net eenvoudig elke dag niks doen nie, jy kan net só baie gholf speel, jy kan net só baie van dieselfde ding doen, so wat probeer ek vir jou sê?

Maak seker dat jy jouself in situasies plaas waar jy konstant kan groei en waar jy jouself aspris kan strek. En weet jy wat? Dit kan wees dat jy dalk net een push up kan doen,so moenie 100 probeer nie, doen net een as jy dit nog nooit voorheen gedoen het nie. Moenie stres oor die Comrades nie, gaan hardloop die 5km pretloop. So kry jouself doelbewus in ‘n situasie waar jy kan groei.

En uiteindelik is dit die enigste manier, dit is die plek waar jy die gelukkigste is met die meeste vrede. Waar jy tot jou plan beweeg, maar meer belangrik: waar jy waarde toevoeg tot die mense om  jou. En weet jy, as mens ook nou besigheid hier intrek … dis ook waar jy jou beste besigheidsgeleenthede gaan identifiseer. Hoe meer jy mense help, hoe meer jy uitkyk na hulle behoeftes.

Lekker week verder en onthou, aanhouer wen!

Onthou om te luister na ons onderhoud met Michael Cloete, baas van Dtex Systems Europa en Afrika.

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link