Naweek Nadink 35: Weet jy wat jou optimale manier van leer is?

leer

Ek ly so ‘n bietjie aan bomskok vanmôre. Die naweek uit ‘n warm Spanje vertrek en vandag terug in ‘n nat en baie koeler Engels-land, maar dis mos nie nuus nie!

In my video van verlede week “Spanje herinner my altyd aan die volgende” het ek genoem dat ek nie lus was om my nuwe Naweek Nadink in die sand te sit en tik nie en gevolglik besluit het om eerder ‘n video op te neem.

Dit het my opnuut daaraan laat dink dat elke persoon basies op een van drie maniere inligting optimaal absorbeer, naamlik deur te lees, te luister of deur fisiese aksies.

Ek luister byvoorbeeld baie meer na oudioboeke en potgooie as wat ek lees, want dis hoe ek inligting makliker en beter absorbeer en internaliseer.

Weet jy wat jóú optimale manier van leer is?

Om jou te help, volg ‘n eenvoudige Gratis Toets wat jou ‘n aanduiding sal gee van jou optimale manier van leer en hoe jy inligting absorber.

Lekker week en onthou…. Aanhouer wen!

Onthou om te luister na laas week se onderhoud met Dewald Pelser, sakeman en stigter van MisterBA potgooi.

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link