Naweek Nadink 36: Wanneer jy daardeur gaan, gaan jy daar deur… ongeag!

nn36

Die afgelope paar weke in my video’s en skrywe het ek baie gefokus op hoe belangrik dit is dat jy jouself doelbewus in die regte situasies moet posisioneer ten einde jouself te strek (challenge), sodat jy kan groei en verbeter om sukses te versnel. Die realiteit is dat die lewe ons meestal in situasies plaas wat ons nooit self sou gekies het nie.

Hierin lê die kern van my boodskap vandag:

My seuntjie, Christian, het verlede week nege geword. Ek’t begin terugdink aan my negende verjaarsdag en wat daardie jaar in my lewe gebeur het en dit was nie baie rooskleurig nie. Ek was in drie laer skole in drie verskillende provinsies. Toe volg nóg ‘n nuwe laer skool die jaar daarna. Teen  elfjarige ouderdom was ek al in my sesde laer skool!

Ek het myself in baie tawwe omstandighede gevind wat ek nie gekies het nie. Of ek nou wou of nie, ek sou daardeur móés gaan.

Dis oomblikke soos hierdie waar jy van jou belangrikste keuses moet maak, want pyn gaan jy verduur ongeag, want wanneer jy daardeur gaan, gaan jy daar deur.

Jy het twee keuses:

1. Gaan ek die pyn verduur, vasbyt, iets leer en sterker word of;

2. Gaan ek die pyn verduur, opgee, niks leer en swakker word?

Lekker week en onthou… Aanhouer Wen!

Onthou om te luister na laas week se onderhoud met Francois Maartens, eienaar van Integrated Malaria Control Consulting.

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link