Naweek Nadink 37: Wat kom eerste? Aksie of motivering?

motivering

Ek kan nie glo ons is reeds in die pylvak van 2016 nie! Oor bietjie meer as twee maande lê jy hopelik iewers op die strand en ontspan.

Meer belangrik, hoop ek dat jy die meeste van jou doelwitte (Klipkouers het net doelwitte, nooit Nuwejaarsvoornemens nie) gerealiseer het. Ten minste het jy nog twee maande vir ‘n finale deurdruk!

Onthou net, as jy nog wag vir motivering om jou doelwitte te bereik of te beplan, gaan jy lank wag. Aksie kom vóór motivering.

Selfs babatreë  sal jou motiveringsenjin aan die gang kry, so maak seker dat jy nie die krag van klein aksies onderskat nie. Dis makliker om ‘n bewegende kar se stuurwiel te draai.

So onthou:

1. Aksie kom voor motivering. Aksie verhoog motivering.

2. Hoe langer jy wag, hoe minder gemotiveerd sal jy word.

3. Enige vorm van aksie, klein of groot, bou momentum.

4. Maak seker jy ruim tyd in om jou aksies te beplan.

Lekker week en onthou…Aanhouer Wen!

Onthou om te luister na laas week se onderhoud met Riaan van Wyk, eienaar van DemZa Bake ‘n Pack.

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link