Naweek Nadink 38: Die E-leer revolusie het begin!

e-leer

In Julie het ek geskryf dat ‘n glas óf halfvol óf halfleeg is en nie beide kan wees.

Die afgelope paar weke se chaos op universiteitskampusse laat wel ‘n slegte smaak in my mond, maar ek kan net nie help om opgewonde te raak oor die E-leer revolusie wat dit teweeg gaan bring nie.

Dis ‘n klassieke geval van waar die “tersiêre opvoedingspyn” wel groot genoeg gaan wees om verandering teweeg te bring of, in hierdie geval, die verandering te forseer. Universiteite sal moet aanpas of doodgaan.

Gelukkig het ons die internet en tegnologie aan ons kant wat ons beter en superieure opsies bied.

Ek verwys spesifiek na besigheidsgerigte opleiding, want dis hier waar entrepreneurskap bevorder gaan word (of nie in die huidige regime), wat die ontsluiting van menslike potensiaal en werksgeleenthede teweegbring.

Daar is egter ‘n paar groot uitdagings wat Suid-Afrikaanse universiteite in die gesig staar wanneer dit by besigheidsgerigte opleiding kom:

1. Die inhoud is teoretiese nonsens omdat dit saamgestel word deur akademici en daar geen sinvolle interaksie met die privaat sektor is nie.

2. Die aanbieding in standaard klas/kampusformaat is primitief en duur. Iemand moet daai pragtige ou gebou se dinosourusse (menslike tipe) en tuine in stand hou.

3. Die kwalifikasie beteken nie veel op die internasionale verhoog nie. Afrika se top universiteit is UCT wat slegs 191ste op die wêreldranglys is. Tweede is WITS wat 359ste op die ranglys is. TUKS is “tussen” 551-600 geposisioneer. Komaan!!!

4. Die power wêreldrangly-posisies is duidelik nie ‘n duidelik genoeg wekroep nie. Die kampusgeweld gaan wel help (vir wakker word, maar nie vir ranglysposisies nie).

My gedagtes:

1. E-leer sal ons in staat stel om te leer wat ons wil, waar ons wil, en so vinnig as wat ons wil.

2. E-leer is goedkoper en meer toeganklik. Geen dinosourusse en tuine nie!

3. E-leerstudente het toegang tot wêreldklasleermateriaal en internasionaal erkende kwalifikasies.

4. Die inhoud van hierdie kursusse word meer en meer prakties, wat studente in staat stel/meer selfvertroue gee om hul eie ding te doen of om van dag een af waarde toe te voeg tot hulle nuwe werkgewer.

5. Van hierdie kwalifikasies bied ‘n geld terug-waarborg. Kry binne ses maande werk of jou geld terug!

6. Moenie bekommerd wees nie, die glas is halfvol…

Lekker week en onthou… Aanhouer Wen!

Onthou om te luister na laas week se onderhoud met Andries Brink, eienaar van Andile Solutions.

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link