Naweek Nadink 40: Ek check jou, jy check my.

check

Die afgelope week in SA was weer eens ‘n fees, veral die warm sonskyn wat die eerste paar dae my Engels-land se vel liggies laat smelt het. Maar if all else fails… swem!

Akademia se Sakeplan Gala-aand en my twee aande se verblyf wat ek via Airbnb bespreek het, het my aan twee goed laat dink

1. Wees op die uitkyk vir enige besigheidskompetisie. Dit sal jou dwing om oor jou besigheid na te dink. Onthou, die hardste werk is om doelgerig te dink en te oorpeins.

Sou jy na die volgende rondtes vorder, gaan jy nuwe mense leer ken wat jou as mens gaan verryk of selfs tot nuwe besigheidsgeleenthede kan lei.

2. Die toekoms van verkope gaan oor wat ander mense van jou besigheid sê en nie wat jy vir almal vertel nie. Ek kies my aand se verblyf op Airbnb gebaseer op jou terugvoering en ondervinding.

Aan die anderkant kan die Airbnb-gasheer op sy beurt weer kyk wat ander gashere van my sê en of hy enigsins met my wil besigheid doen. Reputasie van beide verkoper EN koper word al hoe belangriker. Dink maar ook aan Uber.

Lekker week en onthou…. Aanhouer Wen!

Onthou om te luister na laas week se onderhoud met Rohan Vos, stigter van Rovos Rail.

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link