Naweek Nadink 41: Jy is nie wie jy dink jy is nie.

naweeknadink41

 

Ek ly nog bietjie aan bomskok na my nege hittige dae in Pretoria en nou terug in Engels-land waar die winter vroeg begin het en dit nou 4 grade buite is! Ten minste skyn die son!

Oudergewoonte kon ek nie anders as om Suid-Afrika se lekker braaivleis, biltong, koue bier en Whispers-balletjies te takel nie. Dis harde werk, maar iemand moes dit doen. My maag het nie hiervan gehou nie en my slaap is die meeste geaffekteer.

So gepraat van my maag en sleg slaap; het jy geweet dat ons ongeveer drie keer meer gut flora (maagbakterieë/goggas) het as selle in ons liggame? Tegnies gesproke is ons nie mense nie, maar maaggoggas!

Die probleem is dat jou maaggoggas verslaaf raak aan dít wat jy hulle gereeld voer (dit wat jy eet), goed of sleg. Onttrekkingsimptome is niks anders as jou maaggoggas wat besig is om jou op ‘n aggressiewe manier te oortuig of forseer om hulle te gee waaraan hulle gewoond is nie, hetsy ‘n steak of boerenkool (kale) of Whispers. Dis nie jý wat ‘n “hit” soek nie, dis hulle!

Wat probeer ek sê:

1. Al eet jy meer gesond, gaan jou maaggoggas jou vir ‘n week of so ‘n moeilike tyd gee.

2. Sonder die nodige energie en gesondheid kan jy nie sukses versnel of geniet nie.

3. Soos met ‘n besigheid, as jy iets nie kan meet nie, kan jy dit nie bestuur nie. Maak seker jy kry ‘n jaarlikse “check-up”.

4. Gesondheid is ons grootste seëning en by uitstek die belangrikste ding in jou lewe. Moet dit nie as vanselfsprekend aanvaar en afskeep nie.

5. Laastens… mits jy geneties presies soos jou oupa saamgestel is, kan jy nie aanvaar dat jy ook 90 gaan sien terwyl jy rook, drink en elke dag botter eet nie.

Lekker week en onthou… Aanhouer Wen!

Onthou om te luister na laas week se onderhoud met Adam Tas, musikant en eienaar van Loopgraaf Films.

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link