Naweek Nadink 42: Kry jou feite agtermekaar

feite

Die afgelope week was baie opwindend. Die Amerikaanse presidentsverkiesing is altyd vergelykbaar met ‘n Hollywood aksiefliek en ons het vir twee dae weggebreek om ons 2017-beplanning (persoonlik en besigheid) aan te pak. Die kersie op die koek was toe Tesla toevallig hulle S-reeks en nuwe luukse sportnutvoertuig  by ons hotel ten toon gestel en ek die kans aangegryp het vir ‘n toetsrit. Al wat ek gaan sê is: “0 tot 100 in 2.9 sekondes!! Ja, Baba!”

Wat my opnuut bygeval het is hoe mense hulle opinies vorm gegrond op wat hulle op die nuus of Gesigboek sien. Moderne nuus is lankal nie meer gefokus op feite nie (wat regtig gister gebeur het), maar wel op opinies. Opinies is nie feitelik nie. Skielik vorm die nuus se opinie jou persepsie en persepsie word realiteit. Byvoorbeeld Duiwel Donald vs Hero Hillary.

Wat probeer ek sê:

1.      Sorg dat jy ‘n dag of twee elke jaar opsy kan sit vir persoonlike en besigheidsbeplanning. As doelwitte nie beplan word nie, gebeur dit nie.

2.      Maak seker dat jou opinies of aannames gegrond is op jou eie navorsing en nie wat jy op die nuus of Gesigboek gesien het nie.

Lekker week en onthou…Aanhouer Wen!

Onthou om te luister na laas week se onderhoud met Bertus Hugo van KnowBrainer Learning Solutions.

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link