Naweek Nadink 43: Binnekring…net as jy ernstig is oor vooruitgang

bk_banner1920x418

Ek is op die oomblik ‘n doelwitbeplannermasjien! Maar … ek het egter iets nuuts geleer wat my laat besef het my “doelwitprosesse of -aktiwiteite” benodig nog bietjie werk.

Die belangrikste faktor van doelwitprosesse (aktiwiteite) is GEWOONTE.

Met ander woorde, jou daaglikse doelwitaktiwiteite moet ‘n gewoonte word en kan daarom nie ongestruktureerd of sporadies gedoen word nie. Dink maar aan draf. Jy gaan nie die Comrades kan klaarmaak deur sporadies of op verskillende dae en weke te oefen met verskillende afstande nie. Soos die Ingelsmanne sê: “You need to show up every day…”

Deel van my doelwitbeplanning is die afskop van my eksklusiewe Klipkouer Kampioen Klub genaamd Binnekring op Maandag, 6 Februarie. Meer detail hieroor vroeg in Desember. Dit is vir my baie belangrik dat die Binnekring-hulpbronne van dag een af jou persoonlike groei en sukses gaan versnel. Om seker te maak ons kry dit reg, het ek jou hulp nodig. Antwoord asseblief vir my hierdie een vraag:

Wat is die grootste “besigheidsfrustrasie” wat jy tans ervaar?

Laat my asseblief weet. Ek hoor graag van jou!

Onthou om te luister na laas week se onderhoud met Nardus Alberts van Wrapsa,

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link