Naweek Nadink 44: Die towerkuns gebeur agter die skerms

towerkuns

Ek is ‘n groot Formula 1-aanhanger en gister was natuurlik die naelbytende laaste wedren van die seisoen wat die wêreldkampioenskap tussen Hamilton en Rosberg van Mercedes sou beslis. Opwindend was dit wel, al hou ek nie van die bestuurders nie.

‘n Paar keer gedurende die wedren het hulle Mercedes se data-ontleders gewys waar hulle besig was om die wedren vanaf die hoofkantoor in Brackley, Engelsland, te analiseer. In werklikheid is daar gemiddeld 80 spanlede wat gedurende ‘n wedren agter die skerms werk en nagenoeg 700 spanlede deur die week wat almal net één doelwit het, naamlik om die wêreldkampioenskap te wen.

Wat probeer ek sê: 

1. Maak seker jou span verstaan en weet wat die doelwitte van die besigheid is.

2. Almal moet in dieselfde rigting trek ten einde sukses te versnel.

3. Raak vinnig ontslae van mense wat nie kan of in dieselfde rigting wil trek nie.

4. BAIE BELANGRIK: Maak seker jou belangrikste verskaffers verstaan ook jou doelwitte en dat hulle jou help om hulle te bereik. Ek kan hierdie nie genoeg beklemtoon nie.

5. Verskaffers wat hulle sout werd is gaan nie net help om jou besigheid te verbeter nie, hulle sal jou kan help om jou besigheid te laat groei. Sien gerus my vorige skrywe Is jou Verskaffer ‘n Uitgawe of ‘n Belegging? waar jy moet seker maak dat jou verskaffers wel ʼn belegging is en nie ‘n uitgawe nie: 

Lekker week en onthou… Aanhouer Wen!

NB! Onthou om te luister na laas week se onderhoud met Michiel Els van Patriot Apparel.

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link