Naweek Nadink 45: Baie mense het nie die guts om dit te doen nie

untitled-1

Londen se restaurantbedryf ontplof met ongeveer 200 nuwe restaurante wat in 2016 oopgemaak het. Die realiteit is dat 90% van hulle nie die einde van 2017 gaan sien. So is VanBroc (my skoonmaakbesigheid) ook gedurende die afgelope twee jaar deur bankrot restaurantkliënte gebyt.

Omdat ons ‘n paar bekende restaurante in ons portefeulje het, het ons besluit om besigheid met nuwe restaurante op óns terme te doen (vat dit of los dit).

Ten einde die kaf van die koring te skei, het ons nuwe voorwaardes in plek gestel wat beslis nie die norm in die industrie is nie:

  1. Ons verwag dat hulle elke maand vooruit moet betaal.
  2. Ons vereis ‘n tweejaar-kontrak, in stede van ‘n eenjaar-kontrak.

Wat probeer ek sê: 

1. Besigheid gaan oor verhoudinge,  wat beteken dat dit ‘n “two way street” is.

2. Moenie bang wees om vir potensiële kliënte te vertel dat jy nie sommer met enigiemand werk nie. Eksklusiwiteit is aantreklik.

3. Moenie kortsigtig wees nie. Korttermyn “wenne” het mediumtermyn pyne.

4. Moenie bang wees om weg te stap nie…ONTHOU: “two way street”.

5. Desperaatheid kan kilometers ver gesien en geruik word en dit sit mense af. 

Lekker week en onthou… Aanhouer Wen!

NB! Onthou om te luister na laas week se onderhoud met Dr. Hannes Dreyer

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link