Naweek Nadink 46: Hoekom doen jy dit?

wolk

Ons is nou in die pylvak van 2016 en ek vermoed jy of jou gedagtes is reeds op die strand!

Verlede week was ‘n uiters gebalanseerde week wat onder andere ‘n nuwe grootmensspeelding, nuwe besigheid, ‘n Klipkouer Mentorskapsessie, nuwe oefenregime en die belangrikste gebeurtenis, my vrou en beste maat Chrisna se verjaarsdag, ingesluit het.

My familie is vir my baie belangrik en elke besluit wat ek neem word gefilter deur hierdie persoonlike waarde. Enigiets wat my tyd en energie steel – hetsy fisies of psigies – ten koste van my familie, word geëlimineer.

Drie van die belangrikste vrae wat jy moet kan beantwoord is:

1. Wat is jou persoonlike waardes?

2. Hoekom doen jy wat jy doen OF hoekom wil jy regtig ‘n geleentheid aanpak?

3. Wat is die prys wat jy bereid is om te betaal om te kan doen wat jy wil doen?

In die heel eerste Klipkouers-video wat ek in Januarie gemaak het, het ek klem gelê op ‘n onderwerp wat min mense van weet of ag op slaan naamlik, Jou Persoonlike Waardes (kliek hier om na die video te kyk). Al jou besluite moet deur jou waardestelsel gefiltreer word ten einde sukses te versnel. As jy nie weet wat jou waardes  is nie, gaan jy teruggehou word.

Ek gaan aan die einde van die week van die radar af verdwyn om die nuwe opwindende 2017 Klipkouers-formaat te finaliseer. My nuwe, eksklusiewe kampioenklub, Binnekring, vorm deel hiervan. Gaan loer bietjie en laat my asseblief weet wat jy dink.

Kyk ook uit vir my Kersfeesvideo en potgooi-episode eerskomende Vrydag.

Lekker week en onthou… Aanhouer Wen!

NB! Onthou om te luister na laas week se onderhoud met Dr. Hannes Dreyer.

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link