Dit is die helfte van die maand van Augustus. Ons het by Klipkouers hierdie maand gefokus op vroue entrepreneurs. Kundige vroue entrepreneurs wat elkeen ‘n stuk grondgebied kon uittree en wat hul passie kon bewerk. Die haakplek wat hul almal in ingemeen het is die passie wat hul dryf. Dit bly egter die uitdaging. Leef jy jou passie uit as jy objektief kyk na jou loopbaan? Indien wel , hoe beskerm jy daardie passie, sodat dit nie opgevreet word deur die verderf van teleurstelling nie?
Om daardie passie te beskerm gaan steek ek kers op by een van my grootste mentor’s, Jeff Bizos van Amazon. Hy reken dat passie die enigste platform is wat na voordurende moed hou lei.
Die sekerste wete om nooit teleurgestel te word nie is om nie hoop te hê nie. Dit is ook die sekerste manier om nie die lewe te voel nie. Dit is die essensie. Vermeng jou werk, en besigheid met jou passie dan gaan dit nooit voel of jy werk nie. Daarin lê ‘n voordurende hoop.
In hierdie week se onderhoud met Chrisna van Rensburg van Kakkerlak aanlyn boekwinkel kon ek weer beleef hoe passie vir boeke, passie vir woorde en passie vir stories mense laat lewe kry. Dit het hulle ‘n struikel of 2 gekos na ‘n tydskrif, om die geleentheid raak te sien van die behoefte aan boek-stories wat uit druk is. Boeke wat inhoud bevat wat ons vandag Afrikana sal noem. Boeke wat uit druk is en ons nog van moet lees. Boeke met stories wat ons met hartskote in die vorm van passie moet bewaar.
ONTHOU!