Naweek Nadink 9: Die Beste Lewensdinge Is Gratis…Bring Net Jou Mastercard

 

Het jy al ooit gewonder hoekom die wêreld so baie prestige en aandag gee aan individue en besighede wat miljoene maak of miljoene gemaak het? Individue en besighede wat deur Wall Street, Time Tydskrif, Forbes Tydskrif ens. as supersuksesvol geag word.

Die ironie is dat die meeste van hierdie “suksesvolle” mense  gereeld studente by plekke soos Harvard vertel dat hulle grootse fout was dat hulle hul families afgeskeep het of geen verhouding met hulle het nie. Ek dink vinnig aan Warren Buffet, Steve Jobs, Larry Ellison ens.

Hoekom haal die tuisbly ma, wat dit reggekry het om ʼn suksesvolle tuisbesigheid in haar spaar tyd te begin en bestuur, nie die voorblad van Time Tydskrif nie? Hoekom haal die familievas pa, wie se kleinsake onderneming al tien werke geskep het, hoeksteen van sy gemeenskap is en wie se vrou en kinders sy lof besing, nie die voorblad van Forbes Tydskrif nie?

Hoekom beskou die wêreld nie hierdie ma’s en pa’s as supersuksesvol nie of gee hulle veel aandag nie? Dis baie eenvoudig:

  • Geld en bates kan gemeet word, maar dis onmoontlik om ʼn pryslose ding soos liefde, goeie verhoudings en diensbaarheid te meet.

Die Mastercard advertensies met hulle “priceless” lewensgebeurtenisse is ʼn oksimoron want geld of skuld (dit is immers ʼn kredietkaart) het geen rol te speel in pryslose lewensgebeurtenisse nie.

Die beste en belangrikste dinge in die lewe is gratis en prysloos en kan nie gemeet word nie. Maak seker dat jou definisie van sukses nie ʼn illusie of leuen is nie.

Lekker week en onthou…Aanhour Wen!

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link