Naweek Nadink 72: Dit waarop jy fokus, word al hoe groter

Ons is nou net meer as ‘n week in Suid-Afrika en geniet dit terdeë!

Krugersdorp is op die oomblik ons basis, maar ons het al reeds ‘n draai in Pretoria, Harties, Bloemfontein, Wesselsbron en Parys gaan maak.

Bloemfontein was veral vir my spesiaal (help dat die Bokke gelykop gespeel het!). My peetouers was al die jare in Bloemfontein en so het ons gereeld daar gaan kuier. Ook ses jaar op Kovsiekampus waartydens dit pret was om gereeld potplante permanent te verskuif. (party mense sou dit steel noem) of om dameskoshuise te “raid” en te “be-sing””.

En o, ja. ek kan nie aan kampussekuriteit (Parkers) dink sonder om te glimlag nie. Jy al ooit gewonder waar ek die eerste keer “laat die wiele rol!” gehoor het?!!

Dit was veral spesiaal om vir die kinders die Vrouemonument te kon wys. Sekerlik een van die donkerste episodes in die Afrikanersage. Veral my seun se opmerking na die tyd “dit was lekker, maar hartseer” het boekdele gespreek.

Ek is opnuut herinner dat jy kan kies waarop jy fokus. En nog belangriker: dit waarop jy fokus, word al hoe groter. Dis ook een van die redes hoekom ek nie te veel nuus kyk of koerant lees nie.

Ek weet daar is baie moeilike uitdagings in SA en ek steek nie vir een sekonde my kop in die sand of rek my bek met breinlose kommentaar nie. Dit is immers hoekom ek Klipkouers-podsend begin het. ‘n bietjie medisyne vir die pyn.

Maar hier is ‘n paar goeie goed wat ek die afgelope week weer opgelet het en waarop ek kies om te fokus:

– Die gasvryheid en openheid van die mense om my
– ‘n Massiewe blou lug en warm weer
– Heerlike boerekos
– ‘n Plek waar Jesus Christus nie ‘n vloekwoord is nie
– Wêreldklas Afrikaanse skole
– Kaalvoet loop
– Braai – oral en altyd

Laat jou fokuspunte jou glimlag?

Soos jy teen nou al weet (of nie) het ek my eerste reeks digitale produkte geloods. Die eBoek is ‘n besigheidshulpbron van 62 bladsye en bevat 104 verkoopstrategieë en besigheidsfoute van Afrikaner-besigheidsghoeroes, asook ‘n splinternuwe KLIPKOUERS-digitydskrif. Klik hier vir meer inligting.

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link