Naweek Nadink 11: Oos Wes Tuis Bes

Na ‘n prettige rondloop in Europa is ek bly om tans vir ‘n paar maande in pragtige Suid Afrika (Pretoria om presies te wees) te kan wees. Ek help bou aan ‘n aanlyn werkskeppingsplatform vir Afrikaanse vryskutwerkers en klein sake ondernemings wat hulle dienste wil bied aan ander Afrikaanse ondernemings, plaaslik en wêreldwyd.

Terselfdertyd is ek ook besig om die grondwerk te doen vir ‘n PRAKTIESE entrepreneuriese aanlynkursus en mentornetwerk wat ek wil aanbied vir enigiemand wat ‘n besigheid wil begin.

Ek noem dit Entrepreneurskap 101. Alhoewel daar baie teoretiese kursusse daarbuite is, het ek nog nie so ‘n praktiese georienteerde kursus teegekom nie. Ek ontmoet juis vandag in Parys met Professor Tommy du Plessis waar hy ‘n entrepreneuriese kursus gaan aanbied.

Laastens wil ek vir Christo Henning by Leon’s Motors Rustenburg ‘n GROOT DANKIE sê vir die pragtige ryding wat my en my familie in veiligheid en styl laat rondry!

Lekker week verder en onthou…..Aanhouer wen!

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link