Naweek Nadink 65: Junior Entrepreneurs kompetisie

 

Hierdie jaar is ek betrokke en ‘n beoordelaar vir die KragDag Junior Entrepreneurs-kompetisie.

Meyer le Roux van Buffelsfontein Baard-olie and Mias van Vuuren van Soapbox Promo & Gifts is mede-beoordelaars.

Dis vir my baie opwindend om bietjie met jong, belowende entrepreneurs skouer te skuur. Ek het juis tydens my radio onderhoud op Pretoria FM verlede Vrydag (Jy kan hier luister…my onderhoud begin op 25min) genoem dat ons nie vroeg genoeg begin om entrepreneuriese denkwyses te vorm en opleiding te verskaf nie.

Dis juis waarom ek gesorg het dat die finaliste toegang het tot mentorskap van myself en mede‑ entrepreneurs asook die geleentheid gaan kry om tyd saam met entrepreneurs by hulle besighede te spandeer.

Dis nog nie te laat om in te skryf nie, so deel asseblief hierdie inligting met jou kennisse en netwerk.

Kliek hier om in te skryf vir die kompetisie.

Lekker week en onthou…Aanhouer wen!

NB! Indien jy verlede week deel 2 van die onderhoud met Elmar Conradie gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link