Naweek Nadink 66: Hoe bestuur jy verskaffers?

Na die breinlose en lafhartige moorde in Londen die naweek en twee weke gelede in Manchester, is ek opnuut herinner hoe belangrik dit is dat ek die meeste van elke dag maak en my gesin ten volle geniet en waardeer.

Ek was juis twee dae na die Manchester bom in die stad om na nuwe skoonmaak geleenthede te kyk. En so gepraat van nuwe besigheid, is ek juis besig om Suid-Afrikaanse “Telemarketers” op die proef te stel.

Soos dinge om die oomblik gaan, dink ek ek gaan aanhou om hulle te gebruik, ten spyte van die foute wat hulle tot dusver gemaak het. Ten minste herhaal hulle nie die foute nie. Foute is ok…herhaling daarvan is NIE OK.

Daar was ‘n paar geleenthede waar ek hulle behoorlik wou uittrap (hulle kos my baie geld) oor onnodige foute wat gelei het daartoe dat ek ‘n paar dae gemors het met geleenthede wat nie eintlik geleenthede was nie.

Ek het wel seker gemaak dat ek myself inhou en meer belangrik gesorg dat ek alles in my vermoë doen om seker te maak dat ek hulle nog beter inlig oor ons teikenmark en prosesse. Ek het dit ook duidelik gemaak dat ek wil hê hulle moet suksesvol wees.

My gedagtes

  1. Mense gaan die ekstra myl vir mense waarvan hulle hou. Dit beteken nie omdat jy iemand geld gee, gaan hulle agteroor buig of die ekstra myl gaan nie.
  1. Hoe beter jou verskaffers jou kan bedien, hoe beter jou besigheid. Soos Jerry Maguire gesê het: “…help me to help you.”
  1. Hanteer en bestuur verskaffers soos wat jy jou beste werknemers sou hanteer en dit moet nooit ‘n “Ek’s Baas en jy’s Klaas” situasie wees nie, al is jy die betalende kliënt.

Lekker week en onthou…Aanhouer Wen!

 

NB! Indien jy verlede week deel 1 van die onderhoud met Hettie Brittz gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link