Naweek Nadink 69: Hoe goed definieer jy “worst case scenario”?

Verlede week was sekerlik een van my rofste weke in ‘n lang tyd, maar gelukkig darem ook my verjaarsdag. Daar is min probleme wat ‘n lekker stuk sjokolade koek nie tydelik kan verlig of verbeter nie!

Ek het myself in ‘n situasie bevind waar “worst case scenario” nie duidelik genoeg gedefinieer was aan die begin van ‘n nuwe en romantiese besigheidsverhouding nie.

Dis te verstane dat mens nie te veel aandag wil gee aan al die moontlike redes hoekom ‘n besigheidsverhouding nie kan werk nie…veral nie aan die begin van die romanse nie. Maar, dit IS ‘n belangrike vereiste, want jy wil seker maak dat jy of jou nuwe maatjie nie simpel raak as die hitte in die kombuis te warm word nie. Dit geld veral vir nuwe besigheidsverhoudinge waar familie of vriende by betrokke is.

Ek glo familie en vriende kan baie goed saam besigheid doen (as jy dink dis nonsens, gaan kyk maar gerus na die Griekse, Portugese en Indiese manier van besigheid doen), maar dis juis oor hierdie valse familiariteit (ek ken mos my pel….hy gaan niks snaaks of oneerlik doen of aan selektiewe geheueverlies lei nie?) dat goed gedefinieerde ooreenkomste nie formeel opgestel word om “best case” en “worst case” te bepaal nie.

My gedagtes:

  1. Jou kans om nog ‘n vriend of familielid te hê (wat saam met jou sal braai al bestaan die besigheid nie meer nie) is goed, slegs as die reëls van die spel duidelik gedefinieerwordaan die begin van ‘n besigheidsverhouding en op skrif gestel word.
  2. Meer belangrik; hulle sien dalk kans om daai tweede geleentheid saam met jou aan te pak.

 

Lekker week en onthou…Aanhouer Wen!

 

NB! Indien jy verlede week deel 1 van my onderhoud met Brand Pretorius gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

Wil jy jouself of jou besigheid verbeter?

Dalk droom jy van jou eie besigheid?

Begin dan hier met my besigheidshulpbron eBoek 52 propvol praktiese en eksklusiewe besigheids-en lewenswenke!
Laai af
close-link